Marita Carnelley, dogter van die afgestorwe skrywer PG du Plessis, het bekendgemaak dat daar Dinsdag 13 Junie om 11h00 ’n gedenkdiens sal plaasvind by die NG Kerk Noord, Dwarsstraat 21, in Potchefstroom.
“Ons bedank die publiek, kollegas, skrywers, vriende, belangstellendes en die media vir die boodskappe van simpatie en ondersteuning asook die huldeblyke waarmee die familie oorweldig word,” het sy gesê. “Dis onmoontlik vir ons om almal individueel te bedank, maar ons waardeer elke blyk en woord van meelewing.”
Die familie en Aardklop Nasionale Kunstefees bevestig ook dat daar ’n huldeblyk tydens Aardklop (2–8 Oktober 2017) sal plaasvind. Aardklop sal binnekort die aard en detail hiervan bekendmaak.
Versoek aan die media:
- Die familie versoek verteenwoordigers van die media vriendelik om hul privaatheid in hierdie tyd te respekteer.
- Daar sal tydens die diens plek gereserveer word vir lede van die media wat teen Maandag 12 Junie hul teenwoordigheid en hoedanigheid bevestig het by Alexa Strachan. E-pos: persheks@mweb.co.za.
- Geen foto’s of video-opnames binne die kerk nie.
- Geen onderhoude met naasbestaandes sal op die dag van die begrafnis toegestaan word nie.
The post PG du Plessis Gedenkdiens Dinsdag 13 Junie 2017 appeared first on LitNet.