Nie net is Afrikaans nie, maar ook die media, deurentyd onder skoot vanweë verskeie redes en diverse agendas. Maar Vrydagaand is daar vir ’n paar uur van die uitdagings en spertye vergeet en tydens die jaarlikse ATKV-Mediaveertjies gefokus op die belangrike rol wat die media in die samelewing speel.
Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is by die Lyric Teater by Gold Reef City met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. Gaste is op luisterryke wyse deur Bennie Fourie en Lynelle Kenned, onderskeidelik gasheer en gasvrou vir die aand, vermaak. Hulle is bygestaan deur Charl du Plessis Trio en soliste. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het die media bedank vir die rol wat hulle speel en die wyse waarop hulle hul beiteltjies (met verwysing na NP van Wyk Louw se bekende gedig) met verantwoordelikheid hanteer.
Volgens Gouws is die media se taak groter as om net na sirkulasiesyfers, na luister- of kykergetalle te kyk en ook groter as om net in te lig, op te voed en te vermaak.
“Die Afrikaanse mediawêreld, en die ATKV, het oor die jare getoon dat ons verstaan wat NP van Wyk Louw bedoel het. Dit wat die media doen, en dit wat die ATKV doen, slaag die toets wat die huidige tydvak in die Suid-Afrika se geskiedenis van ons vereis. Maar ons sal ons beiteltjies moet aanhou slyp. Ons sal onsself moet aanhou vergewis, ’n beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel wil wees. Dankie dat daar meer waarde uit die beitels spruit en minder skade. Vir Afrikaans, vir die media, vir Suid-Afrika is dit noodsaaklik.”
Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.
Die wenners is soos volg:
LUISTER
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
- Martelize Brink – Oggend op RSG: Yolande Korkie – RSG
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
- Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers – RSG
Beste joernaalprogram
- Martelize Brink – Seks en jy – RSG
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
- Suzanne Paxton – Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
- Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG
Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
- Johan van Lill – Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer – RSG
Beste teks vir ’n radiodrama of –teater
- Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater
- Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste aktrise in ’n radiodrama of -teater
- June van Merch – Sarah Baartman – RSG
Beste akteur in ’n radiodrama of -teater
- Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
- Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
- Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6
LEES
Beste in-diepte artikel
- Willem van der Berg – Laat jou ysterwiele rol (en rol) – Weg
Beste ondersoekende joernalistiek
- Suzanne Venter – Gestremdes-skandaal – Rapport
Beste persoonlikheidsprofiel
- Hanlie Retief – Apartheid was ’n familiekwaal – Rapport
Beste kunste-artikel
- Hanlie Retief – Die vrou in die storie is sy – Rapport
Beste leefstyl-storie
- Willem van der Berg – Niemandsland het reënt gekry – Wegry
Beste essay, rubriek of opiniestuk
- Ivor Price – 16 Junie 1990: Vakansie in sepia – Beeld, Die Burger & Volksblad
Beste sportartikel
- Sophia van Taak – Ruiters van die windjie – Weg
Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
- Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart
Beste kampuskoerant
- Die Matie – Redakteur: Eugenie Gregan
KYK
Verhalende genres
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
- Louis Pretorius – Die Boekklub
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
- Quentin Krog – Die Boekklub
Beste dramareeks of enkeldrama
- Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
- Gérard Rudolf – Vryslag
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
- June van Merch – Die Boekklub
Aktuele genres
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
- Nina Swart – Jou storie met Nina – Via
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
- Hein Scholtz – Kwêla: Illustreerder Leon se storiemuis – kykNET
Beste joernaalprogram
- Leroux Botha & Nina Swart – Flori & Koelsoem se kosse – Via
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET
Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
- Alet Wright – Fokus: Amor van der Westhuyzen – Joey Haarhoff se dogter – SABC 2
Beste nuusinsetsel
- Ulrich Hendriks – SABC Nuus: Antieke Taal – SABC 2
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
- Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Megaboere: Abraham van Rooyen – kykNET
Beste dokumentêre program of programreeks
- Doreen Morris – Driekuns – Via
Beste vermaaklikheidsprogram
- Jaco Spies – Raai wat is toegedraai – Via
Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
- Sean-Marco Vorster – Pasella – SABC 2
Die mediawêreld lewer ook jaarliks nuwe, opkomende talent op wat groot belofte vir die toekoms inhou en daarom het die ATKV ook vanjaar ’n opkomende joernalis vir sy/haar bydrae vereer.
Vanjaar se waardige wenner was Cyril Blackburn van Maroela Media. Die beoordelaars, Elna Rossouw en Wilma de Bruin, is dit eens dat sy onderhoude met mense oor ’n verskeidenheid van onderwerpe getuig van al die kwaliteite wat ’n redakteur in ’n gesoute joernalis soek. “Hy skryf in die mooiste Afrikaans, het ’n fyn waarnemingsin en kry dit reg dat mense hul harte vir hom oopmaak.”
Foto's: verskaf
The post Veer in die hoed vir mediapresteerders appeared first on LitNet.