Hier is PEN Afrikaans se oorsig van resensies van Afrikaanse boeke wat in April 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende Afrikaanse resensies het in April in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:
Maandag 3 April
- Knap roman met ’n legkaart binne legkaart
Cas van Rensburg resenseer Wilna Adriaanse se Eindspel - Boek ’n blik op andersheid
Louise Viljoen resenseer Ronel Nel se Pelgrimshoop - Joan Hambidge Boekevat-rubriek: Wie presies mag dan resensies skryf?
Maandag 10 April
- Verse geen teengif vir die melancholie
Bibi Burger resenseer Nathan Trantraal se Alles het niet kom wôd - Donker verhaal uit ’n ervare hand slaag
Riaan Grobler resenseer Leon van Nierop se Sielsmokkelaar - Walliams se boeke gaan jou kadwar! ploef! verower
Donnay Torr resenseer die vertalings van David Walliams se Aaklige Ant Alberta & Die seun in die rok
Maandag 24 April
- Wanneer die reis die bestemming is
Jacques Myburgh resenseer Erns Grundling & Pienkes du Plessis se Camino-boeke, Elders en Ons Camino - Inskrywings nie hoogtepunt in De Lange-oeuvre
Jean Meiring resenseer Johann de Lange se Gulp - Winckler laat tone krul tot in die bad
JB Roux resenseer Elsa Winckler se ’n Liedjie vir Anine - Geen kitsresep, net tree vir tree
Lucia Swart-Walters resenseer Santie van der Merwe se Ver in die wêreld Kittie
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in April die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
Dinsdag 4 April
1. Hartsnaar deur Cecilia Steyn
2. Angelique en die Boekanier deur Dina Botha
3. God praat Afrikaans deur HemelBesem
4. Die Suid-Afrikaanse melktertversameling deur Callie Maritz en Mari-Louis Guy
Dinsdag 11 April
1. Elders – My 1 025 km te voet langs die Camino deur Erns Grundling
2.’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler
3. Soettand deur Koelsom Kamalie en Flori Schrikker
4. Smeul deur Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer en Leonie Scholtz
Dinsdag 18 April
1. As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss
2. Elim deur Helena Hugo
3. My eerste diere-atlas deur Wendy Maartens
4. My wonders-van-die-wêreld-atlas
5. Agent Snoet en die windlawaai deur Francois Bloemhof
Dinsdag 25 April
1. Griet skryf ’n sprokie deur Marita van der Vyver
2. Die naamlose deur Mariël le Roux
3. Paulus deur Adrio Kònig
4. Isabella deur Mariël le Roux
5. Skool is ’n riller deur Marianna Brandt
6. Ses blinde muise en ’n olifant deur Jude Daly
7. Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin deur Marissa Greeff
8. Bring nature back to the city deur Ernst Wohlitz
Huidige stand van die boekbedryf (25 April)
In die bed met Bibi
Bibi Slippers het in April met die volgende skrywers op VIA TV (DStv-kanaal 147) gesels:
- Jolyn Phillips (Tjieng Tjang Tjerries)
- Nicole Jaekel Strauss (As in die mond)
- Jacques de Viljee
- Christine Barkhuizen-Le Roux (Drieklawerblaar)
- Loftus Marais (oor poësie)
- Shirmoney Rhode (Nomme 20 Delphistraat)
- Tom Dreyer (Dorado)
In haar reeks gesprekke met lesers oor wat hulle lees en hoekom, het Bibi gesels met:
- ’n Boekklub-gesprek met Suzette Kotzé-Myburgh en Aletta Leach oor Dan Sleigh se boek 1795
- ’n Gesprek met die manuskripontwikkelaar Madri Victor oor chick lit
- Haddad Viljoen wys sy boekrak
- Nadine Petrick vertel van haar boek-’n-week-projek
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies het in April op LitNet verskyn:
Koors deur Deon Meyer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Elzette Steenkamp "Die mantel van spekulatiewe fiksie bied Meyer wel die vryheid om te speel met groot idees soos dat die drastiese verlaging van die menslike bevolking sal help om die aarde se biosfeer te herstel. Maar Koors ondersoek ook die komplekse verhouding tussen die mens en die natuur, die fyn balans tussen beskawing en animalistiese aard en die mens se reg op die aarde se hulpbronne." |
Suid-Afrika se Grensoorlog 1966–1989 deur Willem Steenkamp: ’n resensie
Izak de Vries "Willem Steenkamp se werk oor die grensoorlog is ’n knap, breë oorsig wat in toeganklike taal met hope foto’s vertel word. Ek beveel dit aan vir alle wit mans wat diensplig gedoen het, en ook vir hulle gades." |
Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop: ’n resensie
Org Potgieter "Aanhangers van Leon van Nierop sal nie teleurgesteld wees met hierdie boek nie. Nuwe lesers sal besef waarom hy een van die topverkopers is en hoekom Sielsmokkelaar ná 20 jaar herdruk is." |
Baas Baba deur Marla Frazee: ’n resensie
Anke Theron "Baas Baba is ’n lekker tong-in-die-kies boek vir toekomstige mammas, veral as daar ’n boetie of sussie betrokke is." |
Te veel sorge deur Hans Pienaar: ’n resensie
Louise Viljoen "Die idee is dus dat elkeen van die verhale wat in hierdie bundel of roman-in-stukke opgeneem is, iemand se 'sorge' verteenwoordig. Die verhale word dus saamgebind deur die feit dat dit gaan oor ’n wye spektrum van mense se sorglike lewenservarings, hulle sondes, skuldgevoelens, boetedoenings, onsekerhede en vertwyfelings." |
Die vreemde China onder die knie van Elkarien Fourie
Etienne Britz Etienne Britz bespreek Elkarien Fourie se boek oor China aan die hand van sy eie ervarings van dié oeroue, eksotiese, maar vinnig moderniserende land. |
Jan Smuts: Afrikaner sonder grense by Richard Steyn – a book review
Bill Nasson "At the heart of this absorbing portrait – within a ribcage that contains much else – lies the enigmatic contradiction of Smuts, a revolving mask that his latest biographer does a good job of lifting." |
Man van Cirene deur FA Venter: ’n resensie
Phil van Schalkwyk "Waarmee die leser hier gekonfronteer word, is ’n soort Bybelse toerisme waarby hy, byna soos tydens die Passiespel, Bybelse en Bybels-geïnspireerde taferele voor hom sien afspeel." |
Die meisie op die bus en ander liefdesverhale: ’n resensie
Juliana Coetzer "Die bundel is ’n samestelling van Doc Immelman se verhale wat in die jare 1955 tot 1965 in tydskrifte soos die destydse Die Huisgenoot en Sarie Marais gepubliseer is. Almal met die liefde as tema – al 13 van hulle." |
Eindspel deur Wilna Adriaanse: ’n resensie
Elbie Adendorff "Tipies Adriaanse is die ingewikkelde storielyn en die karakters wat nie eensydig en stereotipies uitgebeeld word nie." |
Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie
Louise Viljoen "Dit is die produk van ’n digter volkome in beheer van sy vak. Veral is dit die werk van iemand wat met sy ingehoue, maar tog dringende stem die vermoë het om tot ’n wye spektrum van lesers te spreek." |
Daar is ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende April op LitNet geplaas:
Multivers deur Hennie Smith: ’n onderhoud
Trisa Hugo, Hennie Smith "Mense is so besig dat hulle nie sommer gedigte lees nie, veral nie as dit oor trivialiteite gaan nie. ’n Gedig moet streef na ewigheidswaarde: dit moet die leser of luisteraar met impak tref." |
Flora se geheime taal deur Madine Swart: ’n onderhoud
Herman Lategan "Die boek is ’n nostalgiese reis deur die geskiedenis, volksname en simboliese betekenisse van ons inheemse plante. Dis ’n ’navorsingsverslag' oor die emosionele waardes wat mense aan plante heg, maar sonder die swaar wetenskaplike taal en met ’n bietjie humor daarby." |
My pad met die doodsengel deur Belinda Bras-Nel: ’n onderhoud
Belinda Bras-Nel "Met hierdie boek wil ek regtig dat mense hul vrese rondom die dood konfronteer en die opsie oorweeg dat die siel ewig is en hul geliefdes nog steeds toeganklik is vir insigte en begeleiding." |
Koeëlreën deur Wollie Wolmarans en Japie Bogaards, ’n onderhoud
Wollie Wolmarans, Naomi Meyer "Die misdadiger laat nooit (amper nooit) sy wapen op ’n misdaadtoneel nie, maar uit die doppies kan ek as deskundige baie inligting verkry en selfs uit die koeëlgate kan daar baie geleer word." |
Van plek-plek na Elders
Gerrit Rautenbach, Erns Grundling "Erns sit sy hand op my skouer en kyk my vierkant in die oë. Met so ’n skewe glimlag. 'Walk it off ...' Ek glo dis tyd vir ’n vliegkaartjie Spanje toe." |
Rapport Weekliks
Die volgende resensies het in April in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:
Sondag 2 April
- Die Burger 100
- Vooraf oor kongrens oor honde en die letterkunde
- Sirkus – Irma Venter: (Skakel nie beskikbaar – nie op Netwerk24 gelaai nie.)
Sondag 9 April
- Die laaste wals – Hennie Aucamp
- Wat moet ons met ons Kerk doen? – Jurie van den Heever
- Into the laager: Afrikaners Living on the Edge – Kajsa Norman
Sondag 16 April
Sondag 23 April
Sondag 30 April
- Drie niefiksie-boeke oor verandering en oorlewing in Suid-Afrika
- Rubriek van Daniel Hugo oor Hugo Claus
- Paaie van hoop – Nadia Beukes
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 5 April 2017
Ilse Salzwedel gesels met Wilna Adriaanse, skrywer van Eindspel, die opvolg op die baie gewilde Dubbelspel. Wilna deel skryfraad en praat oor die effek wat lesers se verwagtings op die skryfproses kan hê. Johan Myburg praat in sy internasionale letterkunde-bydrae onder meer oor die groei in Afrika se kortverhaalkuns, en die Nederlander Rutger Bregman se boek Utopia for Realists.
Woensdag 12 April 2017
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wie se boek ’n Goeie dag vir boomklim, nou in Engels uitgegee gaan word deur ’n Britse uitgewer. Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans gesels oor dié organisasie se bedrywighede. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde en praat onder meer oor Wolf Ehrlbruch se prys vir Eend, dood en tulp, ’n kinderboek wat in talle tale vertaal is. Luisteraars kry ook meer inligting oor die Walter Scott-prys, die Folio-prys en ’n virtuele poësiemuseum in Amsterdam.
Woensdag 19 April 2017
In die plek van vanaand se gewone Skrywers en Boeke saai ons Die Woordketting uit wat tydens vanjaar se US Woordfees opgeneem is. Die digters Diana Ferrus, Philip de Vos en Andries Bezuidenhout vermaak met variasies op bekende gedigte wat deur Susanne Beyers voorgelees word.
Woensdag 26 April 2017
Ilse Salzwedel gesels met Ronel Nel oor haar debuutroman, Pelgrimshoop. Sy vertel ook watter Afrikaanse skrywers onlangs internasionale deurbrake gemaak het. En Johan Myburg vertel meer oor die Cervantes-prys en die boeke op die Manbooker-kortlys.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 4 April 2017
Erik Holm lees sy gunsteling-gedigte.
Vrydag 14 April 2017
Jesus Christus se kruisiging en die aanloop daarna het talle digters al genoop om dit te verwoord. In die proses het ons ’n ryk skat van verse daaroor. Ook die opstanding is vol emosie en verwondering wat mense soos IL de Villiers, WEG Louw, Sheila Cussons, Lina Spies en vele meer geïnspireer het tot die skepping van uitstekende werk. Luister op Goeie Vrydagoggend om 11:00 na ’n spesiale Vers en klank waarin hierdie gebeure herdenk word met poësie en musiek wat die luisteraar sal wegvoer na die vernederende offer wat Chritus vir ons deurgemaak het. Die verse word gelees deur Bernard Odendaal, Margot Luyt en Dean John Smith en die musiekkeuse is gemaak deur Tharien Oosthuizen.
Dinsdag 18 April 2017
Bernard Odendaal lees verse oor herfs.
Dinsdag 25 April 2017
Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel Hierdie mens.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende April die volgende boeke bespreek:
3 April
10 April
24 April
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Hier is die skakels na die skriftelike weergawes van resensies wat Hambidge gedurende April op Fine Music Radio gelewer het:
- As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss
- Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns saamgestel deur Johann de Lange
- Voor ek my kom kry deur Pirow Bekker
- Oor Nicky Stubbs se For Friends and Family en ander kookboeke
Skakels na boekbesprekings in vorige maande vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings. In Maart is onder meer resensies van nuwe boeke deur Marita van der Vyver, Erns Grundling, Nathan Trantraal en Deon Meyer.
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2017 appeared first on LitNet.