Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US WoordTROfees aan WOW se Onderwyser en Skool van die Jaar

$
0
0

Die US Woordfees gee jaarliks erkenning aan besondere onderwysers en skole wat die WOW-projek (Woorde Open Wêrelde) steun en saam met ons ’n verskil aan kinderlewens wil maak deur opvoedkundige aktiwiteite in die kinders se moedertaal en ’n blootstelling aan teater en kultuur.

WOW Onderwyser van die Jaar 2016

Sonia Cupido

Sonia Cupido, bykans 30 jaar reeds in die onderwys, en 12 jaar reeds by die WOW-projek betrokke. Sy het ’n groot bewondering en waardering vir die Afrikaanse Letterkunde en is ook betrokke by ALLE projek-aksies van WOW, nie net by haar eie skool nie, maar ook in ander streke. Sy was ook ’n beampte tydens die eerste nasionale spelkompetisie wat aangebied was deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns. Met haar betrokkenheid by WOW het haar skool deel gevorm van alle WOW projek-aksies vir hoërskole. Haar aansteeklike passie en toewyding asook deursettingsvermoë spoor opvoeders en leerders aan om nie net deel te wees WOW nie, maar ook deel te blý van WOW. Sodoende bevorder sy taaltrots en gee menige leerder en opvoeder die kans om wêrelde buite die grense van hul eie omgewing te ontdek.

WOW Skool van die Jaar 2016

Chris Jooste, skoolhoof van Lückhoff Sekondêre Skool, het die prys in ontvangs geneem.

Lückhoff Sekondêr is reeds vanaf 2004 betrokke by die WOW-projek. Die skool pak die WOW-projekte met passie en toewyding aan. Besoeke aan en deelname van Lückhoff Sekondêr het nie net oor die jare gegroei, maar die skool het ook deel geword van die jaarlikse US Woordfees. Hulle is ook deel van die Skoolkoerantprojek en hul koerant was een van die beste inskrywings in 2016. Hulle het ook deelgeneem aan ons Spelfeeste en debatkompetisies. Die WOW studente vanaf Lückhoff Sekondêr aan die US, is ware WOW rolmodelle, en fantastiese ambassadeurs vir hul skool, veral Wilmien Likwa wat ook ’n WOW-beurshouer is. Hierdie is werklik ’n skool wat deur moeilike omstandighede baie hard daaraan werk om hul leerders op verskillende vlakke bloot te stel aan verrykende Afrikaanse en kulturele aktiwiteite. Op hierdie manier dra die skool by tot die opbou van die breë skoolgemeenskap en gee hulle ook hul leerders die geleentheid om eerstehands te ervaar hoe hul woorde vir hulle wêrelde kan open.

Fiona van Kerwel, WOW-projekbestuurder

Kriteria

WOW Onderwyser

  • Erkenning en bevordering van uitnemende aanwending van die Afrikaanse taal in hul skole.
  • Aanmoediging en inspirasie aan kinders en onderwysers om hul moedertaal te geniet.
  • Betrokkenheid by programme wat samehorigheid en eenheid in hul skool of gemeenskap bevorder.
  • Iemand wat professionele ontwikkeling voortdurend aanwend in hul skool en sodoende ’n positiewe invloed op die leerders en die res van die skool het.
  • Iemand wat nie net binne die skool verband nie, maar ook in die gemeenskap die gebruik van Afrikaans as taal bevorder.
  • Iemand wat ’n rolmodel is vir die leerders, kollegas en die breë gemeenskap.
  • Iemand wat uit hul pad gaan om hul leerders bloot te stel aan positiewe geleenthede en sodoende ’n verskil te maak in hul lewens.
  • Bydra tot die ontwikkeling van die personeel deur openlik met hulle te kommunikeer oor persoonlike vordering en ontwikkeling, om kollegas aan te moedig om geleenthede te ondersteun wat bydra tot ontwikkeling van hul vakgebied, veral Taal en Kunste.
  • Demonstreer positiewe en duidelike leierskap ten opsigte van die taalbeleid en gebruik in die skool.
  • Betrokke by projekte wat taalvaardigheid in skool, asook gemeenskap bevorder.

Shireen Crotz, Sanlam WOW-Spelfees

WOW Skool

  • Erkenning en bevordering van uitnemende aanwending van die Afrikaanse taal in hul skole.
  • Aanmoediging en inspirasie aan kinders en onderwysers om hul moedertaal te geniet en te waardeer.
  • Betrokkenheid by programme wat samehorigheid en eenheid in hul skool of gemeenskap bevorder.
  • Skole wat professionele ontwikkeling voortdurend aanwend in hul skool, en sodoende ’n positiewe invloed op die leerders en die res van die skoolgemeenskappe het.
  • Skole wat nie net binne die skool verband nie, maar ook in die gemeenskap die gebruik van Afrikaans as taal bevorder.
  • Skole (spesifiek die Afrikaanse en/of Kunste departement) wat ’n navolgenswaardige voorbeeld is vir die ander skole en die breë gemeenskap.
  • Skole wat uit hul pad gaan om hul leerders bloot te stel aan positiewe geleenthede en sodoende ’n verskil te maak in hul lewens.
  • Skole (Spesifiek die Afrikaans en/of Kunste departemente) wat bydra tot die ontwikkeling van die personeel deur openlik met hulle te kommunikeer oor persoonlike vordering en ontwikkeling, om kollegas aan te moedig om geleenthede te ondersteun wat bydra tot ontwikkeling van hul vakgebied, veral Taal en Kunste.
  • Demonstreer positiewe en duidelike leierskap ten opsigte van die taalbeleid en gebruik in die skool.
  • Betrokke by projekte wat taalvaardigheid in skool, asook gemeenskap bevorder.

 

Foto's: Naomi Bruwer

Lees ook:

US WoordTROfees 2017: Teater en musiek

"Die wenners van vanjaar se US WoordTROfees is Dinsdagaand tydens ’n funksie by Landtscap-wynlandgoed net buite Stellenbosch bekendgemaak. Hier is die wenners."

 
US WoordTROfees 2017 vereer skrywers

"Die belangrike rol wat boeke by die US Woordfees speel, is weer uitgelig met die oorhandiging van die WoordTROfees vir 2017."

 

The post US WoordTROfees aan WOW se Onderwyser en Skool van die Jaar appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>