Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Vir wie stem bruinmense nou?

$
0
0

Die verkiesing van Bonginkosi Madikizela as waarnemende Wes-Kaapse DA-leier verteenwoordig, so hoop ek, die einde van bruin/kleurling-politiek soos ons dit voor en na 1994 geken het.

Dit is omdat die sogenaamde bruines nog altyd hul rûe op swart mense, die bevrydingstryd en die nuwe Suid-Afrika gedraai het en liewer vir wit partye soos die NP en DA stem.

Sodoende is die bruines se stemme eers deur die NP en nou deur die DA misbruik om wit belange/bevoorregting in stand te hou.

Dit is ’n skreeuende skande dat bruines nie hul meerderheid in die Wes-Kaap gebruik om verandering teweeg te bring nie.

Die rede vir dié dwase politieke besluite van bruines kan direk toegeskryf word aan hul minderwaardigheidsgevoel en hul innerlike ontkenning van hul swartheid omdat hulle glo, soos (sommige) wittes ons oor die jare laat glo het, dat swartes minderwaardig is.

Daarom het bruines oor die jare na witheid gestrewe en het dus nooit as ’n kulturele, ekonomiese en politieke groep gestalte gekry nie.

Bruines is dus ’n kunsmatige groep wat as stemvee deur wit mense misbruik word.

Ons weet dat bruines – nadat hulle Nelson Mandela ’n k****r op die Kaapse Vlakte genoem het – vir die NP in 1994 gestem het en sodoende Allan Boesak verwerp en beledig het.

Bruines is op alle vlakke van die samelewing geen kulturele, politieke en ekonomiese faktor nie. Hulle word nie ernstig opgeneem nie en word ook deur die hoofstroom geïgnoreer.

Die naaste wat hulle kom aan hulle innerlike swartheid, is om te noem dat hulle voor 1994 nie wit genoeg was nie en vandag ook nie swart genoeg is nie.

As dit hulle pas, dan wil hulle swart wees net om ’n werk of ander voordele te bekom.

Statistiek bewys dat 90% van alle bruines werkersklas is, sonder enige naskoolse opleiding, wat dus geen bewese bydrae tot die ekonomiese, politieke en kulturele rigting van die land bied nie.

Ja, toegegee, apartheid moet gedeeltelik hiervoor blameer word, maar bruines moet ook verantwoordelikheid hiervoor neem. Sedert 1994 het hulle hul toenemend buite die generiese swart groep en die nuwe Suid-Afrika gedefinieer.

Helen Zille se verheerliking van kolonialisme en Madikizela se verkiesing as die eerste swart Wes-Kaapse DA-leier is vir bruines ’n groot politieke toets.

Zille is op pad uit en sal na alle waarskynlikheid vir Madikizela moet plek maak as premier. Madikizela se verblyf in Leeuwenhof kan egter kort wees, want Zille en haar kabinet het reeds hul rûe op hom gedraai.

Tydens die DA se Wes-Kaapse koukusvergadering het Zille vir Madikizela verneder. Sy was woedend omdat Madikizela glo sou gesê het daar loop negatiewe persepsies oor haar koloniale opmerkinge rond. 

Die DA se Wes-Kaapse kongres moet in Augustus ’n voltydse provinsiale leier kies. My bronne sê die kongres gaan ’n swart persoon soos Madikizela verwerp. Gevolglik sal Madikizela as premier moet bedank of afgedank word.

Lennit Max is die gunsteling om as provinsiale leier en ook as premier verkies te word. Max is ’n nierassige mens en het met sy string akademiese grade die ervaring en wil om te lei.

Max sal egter die moeilike taak hê om veral bruines te lei om ten volle deel te word van die nuwe Suid-Afrika. Bruines sal moet begin leer om trots te wees op hul Afrika-herkoms.

Hy sal bruines moet leer van nierassigheid, selfrespek, en dat onderwys hulle kan bevry uit hul armoede.

Die rassistiese politiek en etniese mobilisasie van die ou Suid-Afrika wat bruines koester, sal met ’n nuwe nierassige politiek vervang moet word wat respek en waardering vir hul swartheid insluit.

The post Vir wie stem bruinmense nou? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>