Dis weer ATKV-Mediaveertjietyd, waar uitblinkers in die Afrikaanse media vir uitstaande bydraes in die voorafgaande jaar bekroon word. Die kategorieë waarin daar meegeding word, is: lees, luister en kyk. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë. Die ATKV-Mediaveertjies is ook ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel. Die ATKV-Mediaveertjies sal op 12 Mei in die Lyric-teater by Gold Reef City plaasvind. Die drie topfinaliste in elke kategorie in alfabetiese volgorde (volgens van), is soos volg:
Luister
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
- Martelize Brink – Oggend op RSG: Yolande Korkie – RSG
- Martin Jansen – Die mens agter die mens: Dolf van Niekerk – Pretoria FM
- Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan: Amor van der Westhuyzen (dogter van Joey Haarhoff) – GROOTfm 90.5
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
- Esté Gross – Oggend op RSG: Die bling tannie van Heidelberg – RSG
- Johan van Lill – RSG Kuns: Hennie en Theresa Loock – RSG
- Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- MD Greyling – Klankkoerant – Pretoria FM
- Suzanne Paxton – Spektrum – RSG
- Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- Danny Booysen & Anita Visser – Monitor: Vlugtelinge, die storie van ons tyd – RSG
- Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers – RSG
- Hanri Wondergem – Monitor: Die slag van Delville – RSG
Beste joernaalprogram
- Martelize Brink – Seks en jy – RSG
- Lizelle de Bruin – Sondag-joernaal – RSG
- André Liebenberg – ’n Trio rofstoeiers onthou – Pretoria FM & RSG
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
- Jean Esterhuizen – Spektrum: Brexit & SABC skorsing van personeel – RSG
- Suzanne Paxton – Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers – RSG
- Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Woordfeesuitsending – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
- Esté Gross – Die vonds in die vullis – RSG
- Johan Rademan – Lepel en snaar: Hannes Coetzee – RSG
- Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG
Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
- Henk Joubert – Kerkaktueel: Stand van geloof onder SA jeug – Pretoria FM
- Johan van Lill – Groeipyne: Spelterapie – RSG
- Johan van Lill – Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer – RSG
Beste teks vir ’n radiodrama of –teater
- Marion Erskine – Siembamba – RSG
- Charles Fourie – Vergifnis – RSG
- Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater
- Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG
- Johan Rademan – Sarah – RSG
- Leon van Nierop – Dag van die reuse – RSG
Beste aktrise in ’n radiodrama of –teater
- Jana Cilliers – Pous Johannes II – RSG
- Elma Potgieter – Dagboek van ’n wurm – RSG
- June van Merch – Sarah Baartman – RSG
Beste akteur in ’n radiodrama of –teater
- Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
- Benescke Janse van Rensburg – Oggendrooi – Tygerberg 104FM
- Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
- Anton Treurnich – Oggendprogram – Sfm
Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
- Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6
Lees
Beste in-diepte artikel
- Willemien Brümmer – Op soek na Welgevonden – By: Die Burger
- Willem van der Berg – Laat jou ysterwiele rol (en rol) – Weg
- Marguerite van Wyk – Voel jy angstig? Leer dit bestuur – Sarie
Beste ondersoekende joernalistiek
- Reneilwe Dhludhlu – Uitgelewer, uitgehonger en vergete – Beeld & Netwerk24
- Louise Ferreira – Buite die gender-boksie – Taalgenoot
- Suzanne Venter – Gestremdes-skandaal – Rapport
Beste persoonlikheidsprofiel
- Marelize Potgieter – ’n Sakereus ná die mooi meisie – Huisgenoot
- Hanlie Retief – Apartheid was ’n familiekwaal – Rapport
- Willem van der Berg – Die laaste inwoner van Waterkloof – Weg
Beste kunste-artikel
- Willemien Brümmer – Middagete met Koos Kombuis: "Ek's nie meer dood nie" – Netwerk24
- Murray La Vita – Soms het die digter pret – Die Burger & Netwerk24
- Hanlie Retief – Die vrou in die storie is sy – Rapport
Beste leefstyl-storie
- Erns Grundling – Basta met bingo, ons boogie – By: Die Burger
- Willem van der Berg – Niemandsland het reënt gekry – Wegry
- Daniëlla van Heerden – ’n Anderkant van Afrika – Vrouekeur
Beste essay, rubriek of opiniestuk
- Koos Kombuis – Ons erfenis – Taalgenoot
- Herman Lategan – ’n Lêplek vir die ontheemdes – Taalgenoot
- Ivor Price – 16 Junie 1990: Vakansie in sepia – Beeld, Die Burger & Volksblad
Beste sportartikel
- Toast Coetzer – Op sommige Saterdae in die somer – Weg
- Marida Fitzpatrick – Hy maak my trots om van SA te wees – Netwerk24
- Sophia van Taak – Ruiters van die windjie – Weg
Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
- Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart
- Paarl Post – Redakteur: Lise Beyers
- Vrystaat Nuus/News – Redakteur: Marguerite Vermeulen
Beste kampuskoerant
- Die Matie – Redakteur: Eugenie Gregan
- Wapad – Redakteur: Jeanelle Greyling
Kyk
Verhalende genres
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
- Bennie Fourie & Stiaan Smith – Hotel
- Louis Pretorius – Die Boekklub
- Marcel van Heerden – Vryslag
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
- Bennie Fourie & Stiaan Smith – Hotel
- Quentin Krog – Die Boekklub
- Cathi Weinek – Vryslag
Beste dramareeks of enkeldrama
- Herman Binge – Die Byl
- Zandré Coetzer, Johan Cronje & Scharl van der Merwe – Hotel
- Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
- Armand Aucamp – Die Boekklub
- Schalk Bezuidenhout – Hotel
- Gérard Rudolf – Vryslag
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
- Nicole Holm – Die Boekklub
- Franci Swanepoel – Sterlopers 2
- June van Merch – Die Boekklub
Aktuele genres
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
- Jak de Priester – Reis na gister – kykNET
- Bibi Slippers – In die bed met Bibi – Via
- Nina Swart – Jou storie met Nina – Via
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
- Hein Scholtz – Kwêla: Illustreerder Leon se storiemuis – kykNET
- Chris Thompson – Kwêla: Reghert en Vanessa van Zyl – kykNET
- Anneli Uys – Varsity sing – kykNET
Beste joernaalprogram
- Leroux Botha & Nina Swart – Flori & Koelsoem se kosse – Via
- Mareli Olivier – Jou storie met Nina – Via
- Paul Venter – Kwêla – kykNET
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
- Bun Booyens – Megaboere – kykNET
- Lynette Francis – Fokus – SABC 2
- Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET
Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
- Karin d'Orville – Fokus: Opgemelk – Korrupsie in die melkbedryf – SABC 2
- Danie Hefers – Fokus: Britse oorlogsbomwerper in Kenia – SABC 2
- Alet Wright – Fokus: Amor van der Westhuyzen – Joey Haarhoff se dogter – SABC 2
Beste nuusinsetsel
- Ulrich Hendriks – SABC Nuus: Antieke Taal – SABC 2
- Daniëlla van Heerden – eNuus: SKA grensverskuiwend & Bloodhound – kykNET
- Percival Young – eNuus: John Nicholson – kykNET
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
- Karin d'Orville – Fokus: Grensverdriet – SABC 2
- Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Megaboere: Abraham van Rooyen – kykNET
- Werner Swart – KN Verslag: 2016 Munisipale verkiesing – kykNET
Beste dokumentêre program of programreeks
- Jaco Loubser – Groen Namibië – kykNET
- Doreen Morris – Driekuns – Via
- Niel van Deventer – Op pad met Dana – Via
Beste vermaaklikheidsprogram
- Leonie Fourie – Ken jy my – Via
- Christiaan Kritzinger – Weg! Agterpaaie – Via
- Jaco Spies – Raai wat is toegedraai – Via
Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
- Toast Coetzer & Erns Grundling – Weg! Agterpaaie – Via
- Shimmy Isaacs – Ken jy my – Via
- Sean-Marco Voster – Pasella – SABC 2
The post ATKV-Mediaveertjies 2017: finaliste appeared first on LitNet.