Die 10de ATKV-Oesfees het die aflope Saterdag op Solms Delta plaasgevind. Tydens die Oesfees het Mark Solms aangekondig dat 50% van Solms Delta nou aan die plaaswerkers self behoort. Hulle het oor die jare hulle aandeelhouding verhoog.
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, se antwoord hierop was: Dit is presies waarom ons met Solms Delta saamwerk. Die ATKV se doelwitte is om Afrikaans te bevorder en om ’n kultuurtuiste vir Afrikaanses te bied. Afrikaans is een van die sterkste inheemse tale in Afrika en skep uitsonderlike geleenthede vir nasiebou, vir ontwikkeling en om die Suid-Afrikaanse landskap te laat gedy. En om dit saam met vennote te kan doen, maak die potensiaal van sukses selfs beter. Daarom is die samewerking met Solms Delta vir die ATKV ’n uitstekende geleentheid om Afrikaans te vier en om doelwitte in dade te omskep.
“This festival is a true definition of the rainbow nation.” Ladysmith Black Mambazo se optrede was een van die hoogtepunte van die fees. In hierdie kort video vertel Xolani Majozi en Tami Shabalala wat hierdie optrede vir Ladysmith Black Mambazo beteken.
The post ATKV-Oesfees 2017: Fotoalbum 1 appeared first on LitNet.