Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Kokkedoortjie: ’n onderhoud

$
0
0

Suid-Afrikaners gaan oor ’n klein rukkie vir die eerste keer kan kyk hoe plaaslike kinders op die televisie kos maak. Martjie Malan vertel vir Naomi Meyer van kykNET se Kokkedoortjie, wat binnekort afskop.

Hallo Martjie, jy is betrokke by die reeks Kokkedoortjie. Vertel asseblief van die kinders se interessante inskrywings en wat jou oog gevang het.

Dit is wonderlik om te sien watter disse kinders kan opdis – die inskrywings het beklemtoon watter vaardige kinderkokke daar reeds bestaan. Kinders is vernuwend as dit kom by kos; hulle is ook nie bang om te probeer nie. Dit is iets wat my beslis opgeval het.

Watter soort opdragte moet die kinders in Kokkedoortjie uitvoer?

Die deelnemers is op verskillende vlakke getoets: hulle moes kook sowel as bak. Die uitdagings was in temas opgedeel en het die leefwêreld van kinders verteenwoordig. Ons het gekyk na die gesin, in die skool en op die sportveld. Die uitdagings het hierby aangepas.

Hulle moes byvoorbeeld ’n sportheld kies en iets opdis wat die sportheld verteenwoordig, of dit nou met speserye of kruie is of iets is wat eie aan die sportheld se land is.

Dink jy dis belangrik en selfs lekker om saam met kinders kos te maak? Wat van die vuil kombuis agterna?

Die kombuis is ’n baie goeie plek vir kinders om te leer! Hulle leer van hulself, ontdek hul kreatiwiteit en kry die geleentheid om dit uit te leef. Dit is baie belangrik vir kinders om te kan sê: "Ek het dit self gemaak!" Dit bou aan ’n kind se selfvertroue en gee hulle die geleentheid om die lewenslange vaardigheid van kosmaak te kan aanleer. Kinders moet ook self leer om skoon te maak terwyl hulle kook of bak, dan is daar nie so ’n groot gemors na die tyd nie.

Kokkedoortjie wil juis vir gesinne aanmoedig om saam kos te maak – dit skep wonderlike geleenthede vir verhoudinge bou.

Almal kon nie inskryf vir hierdie eerste reeks nie. Vir diegene wat net gaan saamkyk, het jy wenke vir resepte wat kinders in die kombuis kan aanpak?

Wees altyd veilig in die kombuis en vra eerder ’n ouer as jy onseker is.

Lees jou resep noukeurig deur en maak seker jy het al die bestanddele voordat jy wegspring.

Volg elke stap soos in die resep.

Probeer iets nuut: gebruik ’n nuwe bestanddeel of maak iets wat jy nog nooit geproe het nie.

Leer om saam met ’n boetie, sussie of maatjie te werk – spanwerk is lekker!

Geniet die kombuis, maar maak ook skoon terwyl jy daarin werk.

Ouers moet ook vir kinders die geleentheid gee om saam in die kombuis te help, sommer terwyl daar byvoorbeeld aandete gemaak word.

Wat dink jy, noudat jy die kinders wat vir die reeks wou inskryf in die kombuis gesien het: weet Suid-Afrikaanse kinders van kosmaak? Hoe vergelyk dit met byvoorbeeld die kinders van MasterChef Australia?

Suid-Afrikaanse kinders het groot belangstelling in kosmaak – miskien meer in gebak as die kookkuns – maar hulle wil beslis meer leer. Hulle blootstelling aan kos en die koswêreld is nie so groot soos in Australië nie, maar kinders is besig om hulself bewus te maak van wat in die koswêreld aangaan. Hulle wil dit dan probeer maak ook.

Die Kokkedoortjies het ons regtig verbaas met waarmee hulle na vore gekom het. Hulle idees en kreatiwiteit is onblusbaar.

  • Kokkedoortjie, die kuiken wat tussenKokkedooren Koekedoor uitgebroei het, skop af op 
    5 April 2017 om 20:00 op DStv-kanaal 144.

Kompetisie

Wen kykNET Kokkedoor-boeke met Kokkedoortjie

The post Kokkedoortjie: ’n onderhoud appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>