Kamers van jou hart
In jou oë vind ek die
rustigheid van my siel.
In jou stiltes, tussen jou woorde,
vind ek my antwoorde.
In die donkerder kamers van jou hart,
waardeur ek so soetjies-versigtig stap,
vind ek littekens van gister
wat jy so waardig probeer wegsteek.
Gee my toestemming.
Gee my die sleutel
van jou hart,
sodat ek al my bagasie langs joune kan kom pak
sodat ons saam
deur die ongeskryfde hoofstukke
kan waag.
Ek met my seer, jy met joune,
maar tog veilig onder die vervormde afdak
van ons eens gebroke harte.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Kamers van jou hart appeared first on LitNet.