Tussen Montana en Sandton
Tussen asbakkies en verlore drome
sing ons Nkosi op valse akkoorde.
Tussen vuil skottelgoed en onbetaalde rekeninge,
kyk ons vas in nagemaakte Picasso-tekeninge.
Tussen sleeper couches en heruitsendings van Mamma Mia,
beweeg ons rond in anti-sosiale sosiale media.
Tussen tuindwergies, tuinstoele en ’n tuinslang,
spandeer ons Saterdae met die son op ons wang.
Tussen plat getrapte Guccistrate
leef geldgierige CEO-vrate.
Tussen Royal Albert tea sets en coquet borde,
was ons hartseer verdriet weg in Tivoli-storte.
Tussen Pringle-hemde en tieners wat vir populariteit mik,
dra ons ALDO op ons voete vir glanse ongemak.
Tussen valse wel en weë,
staan die rykes alleen en verleë.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Tussen Montana en Sandton appeared first on LitNet.