Huistoegaantyd
Vat my terug na daardie tyd:
my ewewigsposisie.
Dis in die omhelsing van jou
sterk arms om my,
die teerder glimlag
van tevredenheid en rus
wat om die mondhoeke
van ons samekoms vorm.
“Ek’t jou só gemis,”
en vir daardie oomblik
smelt elke wêreldse kommer weg.
Jy is by my,
en ons – volkome,
een geheel.
Maar nou strek die afstand
tussen my,
en
jou,
oor ligjare heen –
en die tyd vir terugkeer,
is antikloksgewys.
Maar al word my liggaam
oud en grys –
sal ek nooit ophou hoop,
en geduldig wag,
vir daardie
eendag;
Huistoegaandag.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Huistoegaantyd appeared first on LitNet.