Roepstem oor die water
Hierdie is ’n brief, ’n gedig, sommer alles so in een,
Vir al my vriende, familie, die Ferreiras en Jannie met die hoepelbeen,
Vir die wat besluit het om die groot blou oor te vaar,
Vlugtend vir geweld, misdaad en ander gevaar.
Waar sit jy dan nou? – so ver weg van jou hart,
Waar’s die Hadidas wat roep oor jou dak?
Waar’s die druppels wat kletter teen jou ruit in die aand?
Hulle was jou vriende, jou pelle, hulle val in Afrikaans.
Praat jou kinders nog die Taal, gaan hulle kinders dan doen?
Kan al die dollars en ponde die harsteer versoen,
Hulle gaan met vreemdelinge moet trou, wat gaan dit keer?
Wil jy regtig vir jou kleinkinders groet met “Hello my dear”?
Sy sit weerloos, so naak – jou tong en jou taal,
Alleen in jou gedagtes, waar haar klanke ronddwaal,
Maar saggies deur die blare, hoor jy haar roepstem klink,
Dit borrel, dit bruis soos ’n rivier in jou are... “Kom terug, kom terug, kom huis toe my kind.”
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Roepstem oor die water appeared first on LitNet.