Klein-Karoo-huis
Gebore tussen kranse en berghange in die stille Klein-Karoo-huis
op Breipaalplaas groot geword as kind so tuis
dis hier wat ...
haar stem die soetste harmonie word in die wind
as sy sing begin die voëltjies te luister
as sy praat begin die bome en bosse te fluister
met glinsterende blink oë soos die môrester
is haar hart en gedagte tog so ver
kyk en sien die lewe as 'n duur juweel
dis hier wat ...
wat sy glo!!! niemand sal dit steel
as sy verdwyn agter die Langeberg besoek aflê by Riebeeck-Kasteel
wanneer sy verlang na die Klein-Karoo-dagbreek se hoenderkraai
en onthou van koringlande ploeg, oes en saai
dis hier ...
waar die son soet opkom, en die donker nag 'geluide' groet
smôrens-oggendgalms van karringmelkbeskuit en moerkoffie soet
Ek verlang na die lang uitgestrekte stofpad wat ek moes loop
as kaalvoetskooldogter van hoop
Dis hier ...
wat ons baljaar in ’n groot sementdam, en rooiwang-appelkose eet
my dae as kind op Breipaalplaas in die Klein-Karoo sal ek nooit vergeet
Ek mis die wit gekalkte huis
en my liefste moederhart so tuis.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Klein-Karoo-huis appeared first on LitNet.