Die US Woordfees oorrompel jou, smokkel met jou sinne en tart jou uithouvermoë. Agter die skerms is ’n enorme operasie. Op die verhoog is mense wat jou inspireer. Op straat loop jy in groot geeste vas.
Dit is ook ’n ruimte waar mense soos Karin Brynard met hulleself kan spot,
waar Ian Wessels ’n onderhoud doen, al wag sy vliegtuig,
waar varkkope voor museums waak; en
dit is ’n omgewing waar Jono Amid en Martin Steyn soos twee rocksterre lyk tydens hulle praatjie.
Hier neem bekendes, soos Chris van Niekerk en Dowwe Dolla selfies.
HemelBesem doen doen dit ook.
By die Woordfees dobber plastiekperde op swembaddens,
muise word by die poeding bedien en
afval word in bootjies opgedis.
Verskeie wynborge het seker gemaak alles loop seepglad.
Ouers en kinders
Die US Woordfees is ’n plek wat ouers met kinders kan deel.
Marita van der Vyver en haar dogter, Mia
Desmond Painter en sy dogter
Irma Joubert en haar seun, Jan-Jan
Ilza Roggeband en haar seun, Zac
Irma Joubert en haar seun, Michael
Dibi Breytenbach en haar dogter, Iancke
Marie-Louise Steyn met haar dogters, Maja en Tamika-Leilani
Groot geeste
By die US Woordfees beleef ’n mens groot geeste.
Oud-regter Albie Sachs
Lina Spies wat, stil-stil, 78 geword het tydens die fees
J.C. Steyn
Japie Gouws
HemelBesem
Marianne Thamm
Lerato Tsabalala
Max du Preez
Helen Zille
Tannie Koelsoem Kamalie
Tannie Flori Schrikker
Iris Bester
Johanna Davids
Kato Hofsta
Deon Meyer, wat raad gee aan Mxolisi James Majola, ’n selfgepubliseerde digter
Wie laat die fees werk?
Tenswell Hector (links), beter bekend as Tessie, is al vyf jaar lank in beheer van verkope by die ATKV-boektent. Hy ken die joernaliste by die naam. Mense soos dié maak ’n fees. Hier is hy saam met Alden Klaasen.
Saartjie Botha is die feesdirekteur.
Porra, of te wel Dirkie van der Merwe, word ingeroep as enige iets skeef loop.
The Private Hotel School het seker gemaak dat die demonstrasies by die Khaya glad verloop. Hier poseer die studente met Marietjie Koekemoer, Riana Scheepers en Leonie Scholtz ná ’n suksesvolle demonstrasie van Smeul se kos.
Dié jong man het moeite gedoen om die feeskaarte interessant aan te bied. Die fees is kontantloos en ’n mens het dus sulke kaarte nodig.
Ink is die feeskoerant. Dié twee verkopers was altyd reg met ’n glimlag.
Elise Fortuin en Mercia Eksteen moedig mense aan om deel te word van die ATKV.
Elmari Rautenbach het die boekpraatjies bestuur.
Joernaliste
Die mediakontingent by die Woordfees is groot. Hier is ’n paar van hulle.
Karen Meiring
Gerrit Rautenbach
Herman Lategan
Jean Oosthuizen
Foeta Krige
Suzanne Paxton
Izak du Plessis
John DeVries
Heindrich Wyngaard
WOW
Die US Woordfees se WOW-projek het dit weer vir duisende kinders en onderwysers moontlik gemaak om ’n deel van die fees te ervaar.
Koetse
Sprokies het koetse nodig.
BMW het ’n reeks blink wiele verskaf om skrywers na die De Kat-ete te vervoer.
Boeke is vanaf die ATKV-Boektent na buiteposte vervoer in ’n Rolls Royce, en dit is geen fiksie nie.
The post ’n Fraksie van die US Woordfees in kiekies appeared first on LitNet.