Daar word beweer dat Malema dreig dat blankes sal moet oppas wanneer hulle aan bewind kom. Volgens Maroela Media word beweer dat Mluduzi Manana (ANC), tydens die parlementêre debat oor plaasmoorde geskreeu het “bury them alive!” Max du Preez voorspel ’n ANC/EFF-koalisie na die volgende verkiesing ten doel om grondeienaars sonder vergoeding te onteien en die konstitusie na willekeur te kan verander.
Tans is die konstitusie AfriForum se enigste wapen wat hulle met veel suksesse tot datum aangewend het om blanke belange te beskerm. Indien hierdie wapen onder hulle voete uitgeruk word deur wysigings of selfs opskorting van die konstitusie, is AfriForum, en dienooreenkomstig die Afrikaner, weerloos en uiters kwesbaar.
Ek is seker dat AfriForum daarop bedag is en beplanning in werking het om hulle in staat te kan stel om alternatiewe optredes te kan gebruik tot beskerming van die Afrikaner.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/plaasaanval-debat-politici-se-uitsprake-gekap/
The post "Bury them alive!" appeared first on LitNet.