Huis
Eensame, as ek aan “huis” begin dink:
Liefie wat vrolik vir my koffie skink.
Daardie liefde, die geborg wees, tuiste voel,
weet ek versugtend weer wat “huis” bedoel.
“Tuiste” is heelwat beter as “huis”, voorwaar!
Saamgesmelt is welkom en veiligheid;
hond blaf, alle liefde om jou geskaar.
Hier kan ek lééf, rus en slaap in sekerheid.
Alle groot bekommernisse skuif ek opsy,
angs en sorg word hier verwerk, geduldig,
jy kan vrolik wees, ja, positief, bly.
Die huis as tuiste? Jy voel nou skuldig:
Denkend aan die wat die voorreg ontbeer.
Ek het huis as tuiste, wat wil ek meer!
Swerwer, waar is jou huis?
Swerwer, waar is jou huis, sê, waar voel jy volkome tuis?
Die wêreld lok en dreig, en dit met groot geskreeu:
Leef oortuig, trots as mens van die moderne eeu!
Net jy, swerwer, jy soek rigting, soek ’n tuiste, huis.
Swerwer, waar is die huis, waar voel jy gelukkig, tuis?
Die waardes verander, “goeie ou tyd” verdwyn.
Die toekoms is voorspoed, liewe tradisies kwyn.
Swerwer, verdwaald en verwar, soek na welkom, soek huis.
Hy hoor van verre lofgesang van die wat wéét.
Hy twyfel, is skepties maar kom nader.
Sy kerk se toring staan uit, helder verlig, is bereid.
Sien die donkerheid, eensaamheid van sy leed.
In die kerk bid gelowiges “Onse Vader”.
Hy deins terug, soek verder, as mens van sy tyd.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Hannes Deetlefs se inskrywings appeared first on LitNet.