een begrip; een mens
huis. dat ’n begrip so eenvoudig |
jy. dat een mens soveel betekenis gee |
van jou.
ek is tuis my lief. ek is tuis hier by jou.
Ek wil huis toe
Ek voel stoksielalleen
met die wêreld se geroesemoes,
met almal wat jou vergeet het,
en aanhou lewe, so asof dit okay is,
en asof hulle nie verdrink in die verlede
en die seer nie.
Ek voel eensaam
by elke glanspartytjie,
in die ry by Seattle Coffee Company
waar ek nou net een cappuccino bestel
en die ou agter die toonbank glimlag met empatie
want hy weet.
Ek soek na jou
in elke vreemdeling,
in die bodem van my wynglas
waaroor ons laataand gefilosofeer het
en waar ons naïewe beloftes gemaak het
en gedink het hierdie oomblik is vir altyd.
Ek verlang
na die veiligheid in jou arms,
na jou sagte trooswoorde,
na die Wimpy-ontbyt elke Saterdag.
Ek wil huis toe,
kom haal my?
Homesick for you
“Never make someone your home,” they warn,
“but this time is different.”
until 3 years later and you wake up from your make-believe world
without a key to your once held shelter
and his wrinkled-up picture stares at you
the memory of him disappearing into creases
entirely faded
but for those eyes that still hold the same untamed gaze
and your mind is drowned in the familiar questions.
You stare back
until he turns around
locks the door
and leaves you
homesick.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Lindie van Gass se inskrywings appeared first on LitNet.