Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Plaasmoord

$
0
0

Sonder om op die wa te spring moet mens, as jy vanuit 'n sekuriteitsomgewing kom,  kommentaar lewer op die vlaag plaasmoorde. Of die motief polities, misdadig, wraak of wat ook al is is irrelevant. Want ongeag wat die oorsaak of wie se skuld dit is: Mense word vermoor en vermink.

Dan wonder ek, so in my omswerwinge in hierdie bloedige land: Waarom, terwyl ek in sekerlik een van die veiligste buurte in die wêreld woon, het ek twee meter mure om my eiendom, met lemmetjiesdraad bo-op? Waarom het ek honde, slotte oral, diefwering, hekke, en is ek waaksaam, dit, soos ek sê, terwyl veiligheid nie werklik 'n faktor is hier nie? Want jy moet altyd voorbereid wees. Net ingeval. Want ek is 'n teiken uit die aard van my besighede, die kontant wat daagliks heen en weer oor my drempels beweeg, en die ooglopende bewys dat hier besighede is.

Wat my laat met 'n opmerking wat ek sonder uitsondering oral aantref: Ek het nog nooit, tot vandag toe, by 'n hek moes stop na enige plaasopstal nie. Die enigste hek wat ek dalk sal aantref is soms 'n motorhek of lae hek en dit is dikwels om plaasdiere uit te hou. Geen diefwering, geen heinings, geen sekuriteit, geen werklike sekuriteit nie. Dit terwyl sulke uitgawes tog teen belasting afgetrek kan word en dit die boer in wese NIKS kos nie?

As my eiendom oop, sonder heinings, sonder sekuriteit binnegeval sou word en ek aangeval sou word in 'n dorpsgebied sal daar werklike vrae wees waarom ek so argeloos te werk gaan. Is dit nie dalk tyd dat die boere op plase hul sekuriteit op datum bring soos wat ons almal tog moet doen uit die aard van die bloedige land waarin ons leef nie? Soos ek reeds gesê het: sulke uitgawes sal tog vir die res van die belastingbetalers se rekening wees?

Waarom is toegang tot die oorgrote meerderheid van plaasopstalle so maklik? Dit terwyl elke boer in wese 'n baie maklike teiken is bloot vanweë die afstand na die naaste beskawing? Hoeveel van plaasarbeiders en hul mede huisbewoners is geregistreer, geïdentifiseer en hul salarisse en registrasies op datum? En dan: As jou arbeiders min betaal word en dalk ontevrede is met hul haglikheid (dit gebeur en ons almal sien dit) moet jy as eienaar van die grond nie JUIS seker maak jou woning is beveilig nie? Presies soos wat ek moet doen? Ek het al hier in my omgewing in ten minste 20 plaashuise ingestap, ongehinderd en het soms boere selfs in ongemaklike situasies aangetref. Helder oordag. Probeer by enige golf-estate inry? Sonder afspraak? Sorry ...

Ek dink ons het heeltemal te veel vertroue in ons medemense. Veral op plase. Nie almal wat op die stofpad aangery kom is iemand wat kom kuier nie. En snags as jy slaap gaan jy nie die stof sien nie en moenie dink jou honne gaan blaf vir vleis wat hulle van ver af reeds geruik het nie. Plaasmoorde moet prioriteit wees, ja. Maar dan moet daar ten minste minder blatante toegang tot plase wees.

Veiligheid en veilig wees begin by jouself, dan jou geliefdes en so alom jou huis en dan jaart en omgewing tot almal veilig is. As die boer se huis en omgewing oop en braak lê vir elke misdadiger ...?

oester

The post Plaasmoord appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>