4 Maart
KOSDEMO: FLORI EN KOELSOEM BAK ‘SOET GOETE’
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Sommige resepte uit die Bonteheuwel het meer stories as bestanddele. In Soettand, die opvolg op hulle uiters gewilde Kook saam Kaaps, wys tannies Flori en Koelsoem hoe om outydse doek- en potpoedings vir vandag se geite aan te pas.
60min
Flori en Koelsoem
R60 | R70 by die deur
4 Maart, 14:00, Die Khaya
4 Maart
HEMELBESEM: GOD PRAAT AFRIKAANS
Aangebied deur LAPA Uitgewers
HemelBesem is een van die grootste én hardwerkendste hip-hopsterre in Afrikaans, maar hy verkondig ook as ‘straatpredikant’ sy liefde vir Afrikaans in al sy vorme. Die beatdigter Danie Marais deel sy liefde vir taal en musiek, en gesels met hom oor dié hartsboek.
60min
R50 | R60 by die deur
4 Maart, 14:00, ATKV-Boektent
*
HemelBesem is ook te sien in
- KÔ, LAT ONS SING! - ’n huldiging aan Adam Small (3 Maart en 6 Maart). Klik hier om te bespreek.
- VYF SKAKERINGS VAN HIP-HOP (10 Maart). Klik hier om te bespreek.
6 Maart
KOSDEMO: RIANA SCHEEPERS, LEONIE SCHOLTZ EN MARIETJIE KOEKEMOER MET SMEUL
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Hoe kry jy drie vriendinne wat almal lief is vir kook en vir gesels in een kombuis? Maklik. Jy gee hulle ’n pot, en vra hulle na hulle gunstelingresepte! Kom vra maar die skrywers Riana Scheepers, Leonie Scholtz en Marietjie Koekemoer.
60min
R60 | R70 by die deur
6 Maart, 14:00, Die Khaya
6 Maart
ANNATJIE MELCK: KOLJANDER, KOLJANDER, SO DEUR DIE BOSCH
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Die diepste nostalgie is gekoppel aan ’n kombuis waar jou ma of ’n geliefde familielid spesiaal vir jou kosmaak. Waar dit met die intrapslag ruik na lewe, liefde en tuiskoms. Dís wat Annatjie met haar boek wou doen: om vir haar kinders iets vas te vang van geslagte Melcks se lewens op die bekende Muratie-landgoed. Nou kan jy ook aan die reuse-familietafel aansit en, met Muratie se beroemde wyne, luister hoe Martie Meiring haar invra oor die verlede.
180min
R250
6 Maart, 19:00, Muratie
7 Maart
TEETYD IN IDASVALLEI
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Met: Kristel Loots, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
‘Sy voel miskien nooit besonder kosbaar of waardevol nie, maar sy voel altyd nódig. Soos ’n elektriese implement wat die lewe vir ’n mens makliker maak.’ Só sê die heldin in een van Kristel se vermaaklike liefdesverhale. Kom luister na haar gesprek met Shireen Crotz, en geniet dan ’n koppie tee en soetgoed so reg uit die blaaie van Soettand, die jongste versameling resepte van die bekende RSG-paar Flori en Koelsoem, wat terselfdertyd ’n paar bakgeheime en -wenke deel.
120min
R80 | R90 by die deur
7 Maart, 10:30, Idasvallei-biblioteek
7 Maart
WOORD-EN-WYN-ETES
’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete
Kom kuier saam met jou gunstelingskrywer en -wynmaker oor ’n heerlike ete en
van Stellenbosch se beste wyne: Irma Joubert by Middelvlei.
120min
R300
7 Maart, 13:00, Middelvlei
8 Maart
IRMA JOUBERT VIER 70
Kom geniet ’n eg Britse high tea met dié grande dame van die historiese liefdesroman. Sophia Kapp vra Irma uit oor die ongelooflike sukses wat sy behaal het – selfs ’n onlangse internasionale toekenning – met haar ‘aftree-joppie’.
60min
R180 | R200 by die deur
8 Maart, 11:00, Oude Werf Hotel
8 Maart
HANS DU PLESSIS EN RONEL NEL: GEREGTIGHEID
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Hans se Tussen die klippe en Ronel se Pelgrimshoop vra altwee waar die streep tussen die reg en die waarheid nou eintlik lê? Sophia Kapp vra die skrywers uit oor hulle lekkerleesromans wat terselfdertyd morele kwessies opper.
60min
R50 | R60 by die deur
8 Maart, 15:30, Drostdy-teater
8 Maart
MARITA VAN DER VYVER, FANIE VILJOEN EN JAN VERMEULEN: WOEDE, WRAAK EN WITWARM AKSIE
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Drie bekroonde jeugskrywers; drie splinternuwe, grensverskuiwende tienerboeke. Mia Oosthuizen gesels met die wenners van LAPA se jeugromankompetisie oor die uitdagings van ’n genre waarvan die lesers voortdurend verander en skrywers moet tred hou met sosiale onderstromings om in pas te bly.
60min
R50 | R60 by die deur
8 Maart, 15:30, Bibsaal
8 Maart
MARTIN STEYN: SWARTVAL
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Sy spanningsverhaal – oor ’n ontvoerder en verkragter – is as grensverskuiwend beskryf. Dit is ’n verhaal waarin Martin die leser saamneem op die lang pad van heling wat vir ’n verkragtingslagoffer voorlê en waarvoor hy intensief, en dikwels met vrouelesers as klankbord, navorsing gedoen het. Jono Amid lei die gesprek. Kom luister na een van die kernvraagstukke in ons land, moontlik gemaak deur die US Woordfees; kom vra die vrae.
60min
R50 | R60 by die deur
08 Maart, 17:00, Bibsaal
9 Maart
CARLA VAN DER SPUY: JOEY HAARHOFF WAS HAAR MA
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Amor van der Westhuyzen se ma was Joey Haarhoff – dié Joey wat saam met pedofiel Gert van Rooyen ses meisies in die 80’s ontvoer en ’n koeëldood gesterf het tydens ’n polisiejaagtog. Carla het Amor se storie gedokumenteer in Mishandel, misbruik, misken. Die twee vroue vertel saam die volle verhaal aan Kwêla se Hannes van Wyk. Dit is ’n storie van hoop, ten spyte van die verskrikking.
60min
R50 | R60 by die deur
09 Maart, 09:00, ATKV-Boektent
9 Maart
IAN WESSELS: GENADE! EDELAGBARE – HUMOR IN DIE HOF
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Dié bekende RSG-aanbieder se versameling sketse gaan oor die bisarre tot skreeusnaakse dinge wat soms agter die strak gesig van die reg plaasvind. Sélf ’n regsgeleerde in die strafhof weet misdaadskrywer Dibi Breytenbach waarvan hy praat, en deel sy ook ’n paar staaltjies.
60min
R50 | R60 by die deur
9 Maart, 10:30, Bibsaal
9 Maart
KRISTEL LOOTS, ALTA CLOETE EN CHANETTE PAUL: VROUE SKEER WEER BEENHARE
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Hedendaagse feministe staan nie vir mans terug nie; tog is hulle skaamteloos vrou. Die moderne heldinne in Afrikaanse fiksie weet wat hulle wil hê, en dit is nié om man te wees nie. Sophia Kapp lei die gesprek.
60min
R50 | R60 by die deur
9 Maart, 12:00, ATKV-Boektent
9 Maart
KOSDEMO: ANNATJIE MELCK KOOK AFVAL
Aangebied deur LAPA Uitgewers
In Koljander, Koljander, so deur die Bosch vertel Annatjie die verhaal van
Muratie, en haar grootwordjare in die Karoo.
Net so bekend as wat die plaas deesdae vir sy uitsoekwyne is, is Annatjie vir haar legendariese afval. Kom proe!
60min
R60 | R70 by die deur
9 Maart, 16:00, Die Khaya
10 Maart
ISA KONRAD, MADELEIN RUST EN CHANETTE PAUL: SPANNING MET ’N ROOI HART
Aangebied deur LAPA Uitgewers
Verskeie vroueskrywers laat hulle lesers naels kou van spanning, maar bied ook ’n romantiese uitlaatklep. Drie van hulle – Isa, Madelein en Chanette – verduidelik aan Madri Victor waarom spanning maar ’n sagte kant mag hê.
60min
R50 | R60 by die deur
10 Maart, 10:30, Bibsaal
11 Maart
‘VIR INSPIRASIE LEES EK ’N DOCKET’
Advokaat, prokureur, aanklaer. Drie regsgeleerdes vertel hoe dit voel om jou werk huis toe te neem … en misdaadfiksie daarvan te maak. Die bekroonde Andrew Brown (Good Cop, Bad Cop), Duane Aslett (Goudduiwel) en Dibi Breytenbach (Vrediger) gesels met prokureur en skrywer Bettina Wyngaard.
60min
R50 | R60 by die deur
11 Maart, 09:00, Bibsaal
*
Dibi is ook te sien in: ANDY MARTIN: REACHER SAID NOTHING (11 Maart) Bespreek hier.
The post LAPA by die US Woordfees 2017 appeared first on LitNet.