Tipiese tuiste
Pa en Oupa doen leed
Ma herinner, Ouma vergeet
en van sout en water mag kinders niks weet
Kinders vra
Pa verwys na Ma
Ouma antwoord met ’n raaisel
Juffrou verduidelik
Juffrou vra
Kind antwoord, "maar so sê Pa."
Oupa en Ouma word as
Plek word geneem deur hulle wat net ouers was
Kinders word pa, Kinders word ma
Kinders, ’n nuwe besending, Juffrou kla
Pa en Oupa doen leed
Ma herinner, Ouma vergeet
Bure skinder omdat hulle als van sout en water weet
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Tipiese tuiste appeared first on LitNet.