binne my huis
ek skryf oor die predikantstoele
waarop ek nou sit
die ou bont struktuur van hout en lap
waar ek kan lees, maar nie op dut
ek skryf oor die vars brood
wat in die kombuis staan
die harde bruin kors met die botterglansreuk
die vorm enige in sy soort
ek skryf oor die klank in my ore
as die wind oor die stoep waai,
die tingel en sing van die natuur
die klanke van ’n nuwe more
ek skryf oor die bosveld
orals en ewig rondom my
die veld vol diere, bosse en ’n hut
die plek waar ek wil bly
ek skyf oor die plek waar ek nou is
hierdie plek sonder hel of haat
met liefde vir almal en kalm vir die kwaad
ek skryf oor my huis
dié plek wat ek nooit sal verlaat
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: binne my huis appeared first on LitNet.