Sal jy my serenade op ’n wintersnag
terwyl die wind na die son verlang?
Gaan jou kitaar se snare jou liefde in my oor kom fluister
en die spasie tussen ons vul?
Sal dit genoeg wees om my siel te neem na ’n huis
waar die kalmte voor my deur speel
waar herinneringe in die fondasie vashaak
waar ek jou oë kan sien in my oggendkoffie waar ek sit op die balkon
waar ek jou stem kan hoor wanneer die sterre die plante geselskap hou
waar ek jou nabyheid kan voel wanneer die reëndruppels by my venster afgly
Sal jy my serenade op ’n wintersnag
en my siel huiswaarts neem?
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Danielle Kleyn se inskrywing appeared first on LitNet.