Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Rou

$
0
0

Spandeer die vroegaand met 'n ou man wat sy maat van 53 jaar moes groet en haar as in Meiringspoort moes strooi volgens hul gedeelde wens. En dis 'n fokop.

Want wat sê jy vir iemand wat vir jou reguit sê: "Die ergste wat ek myself nooit kon voorstel nie het met my gebeur. Niks erger kan OOIT WEER MET MY GEBEUR NIE."

Ek kyk hom aan sonder 'n antwoord. Ek gesels met hom en hy het geen idee wat in die land en wêreld aangaan nie. Weet nie eens van Trump nie. Weet nie van ons local shit nie. Hy sê hy het sedert Augustus 2016 nie eens sy radio aangeskakel nie.

Ek vat die duidelik maerder man aan sy skouer en ek beduie na die bottel Bells en hy knik en sê ja, dis reg. Dis buitendien die laaste tyd sy enigste spys en, logies, drank.

Hy beduie dat hy nie meer welkom is op so baie plekke nie, want die mense is gatvol vir sy getreur. Hy vee die trane wat oor sy wange sommer so vanself biggel met die sakdoek wat byderhand is en ek beduie vir hom dat ons nie reëls en regulasies het buiten die normale sanitasie en val (as jy vallende raak moet jy beduie dat ons die komberse kan nadertrek) nie. En hy vra my vir 'n glas skoon water. Ek vra hom of hy weet hoe kosbaar en soms gevaarlik kraanwater is want ons drink gewoon nie die duur bottel water nie want ons is maar arm hier rond.

Die ou man lag en sluk die trane met die laaste ys van die Bells se oorskietwater weg. Ek beduie na sy glas en hy beduie nee, eers later, hy wil gaan rondry, en daar’s mense wat kom dagsê en hy het net kom Simba chips koop want hy gaan in elk geval nie regstaan vir kos maak nie want "jy weet mos ek kan nie eens 'n besem behoorlik vashou nie ..." En ek het geen woorde nie.

Soos gewoonte maar hier rond is loop ons en groet tot die blerrie ryding al om die draai is en ek sien die pakkie goedkoop sigarette op die vloer en sê niks want ek sou ook begin rook het as my lewe in wese by Meiringspoort uit 'n kissie gegooi is.

Die ou man beduie vir my dat hy al so baie homself moer toe wou ry maar dan dink hy aan die mooi bekleedsel want "Sy" het dan die goed so sorgvuldig ingesit ... “en dan kan ek mos nie”.

Ek was baie bly om die ou man te sien vandag. Want ons kom 'n leeftyd aan so saam. Ek sou baie meer bly gewees het, noudat ek sy naakte rou moes aanskou, om te sien hoe sy as saam met die liefde van sy lewe in Meiringspoort gestrooi geword het.

oester

The post Rou appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>