Helderberg se fynbos
Ek verander na ’n laer rat en my motor gehoorsaam gedwee.
Voor ons lê die steil Sir Lowry’s pas.
Ek blik op na die Hottentots-Hollandse gebergtes, my hart breek weer.
Dis asof die versengende hitte wat ons mooie fynbos so verskroei het
Se skerp tonge nog steeds aan my hart se punt ruk.
Wis die mens wat so onverskillig was
Hoeveel skade berokken is?
Ek probeer die piepklein veldmuisies se geskreeu uit my gedagtes keer.
Dis nie maklik nie. Wat van al die ander klein diertjies se seer?
En Helderberg se mense wie se kosbaarhede nou net ’n hoop as is?
Ek ween oor die groot herstel wat moet plaasvind,
Dit gaan tyd vat.
Moeder natuur is geduldig en vergewe net weer en weer.
Sy omskep die verskroeide land van ons tuiste na ’n welige groen paradys,
Die diertjies en veldmuisies staan dankbaar nader, ’n nuwe begin.
’n Nuwe begin vir sommige, maar nie vir almal nie.
Wanneer gaan die mens leer om nie te vernietig nie?
Kan ek jou eerder vertel van my tuiste, van die mooie Helderberg,
En die kosbare fynbos teen die hange van die Hottentots-Hollandberge?
Dalk sal jy dán jou onverskilligheid laat staan.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Helderberg se fynbos appeared first on LitNet.