Vervaardiger, liedjieskrywer, sangeres en eienaar van Iluminar Produksies, Luna Paige, bring hierdie nuwe musiekteaterproduksie na die US Woordfees 2017. Saam met haar op die verhoog is bekroonde multi-instrumentalis en komponis Pops Mohamed en bekroonde baskitaarspeler, vervaardiger en komponis, Schalk Joubert.
Omskrywing
Vier stories oor vier mense wat op een of ander wyse afgesluit of afgesonder voel van ander en, by tye, ook van hulself. In hierdie stories word mense gedwing om die konneksies wat hulle aan ander verbind, te herken. Hul ervaringe help hulle om weer konneksie te vind met dit wat belangrik is. Hierdie stories word vertel met behulp van gedigte, prosa, musiek en animasiekuns deur Charles Badenhorst.
Musikale begeleiding sluit klavier, kitaar, baskitaar, stemme en ’n verskeidenheid van interessante Afrika-instrumente soos bespeel deur die bekwame Pops Mohamed, in. Konnexi is ’n oudiovisuele reis deur die lewens van doodgewone Suid-Afrikaners.
US Woordfees
KykNET Endler Saal
- 6 Maart 14h00
- 7 Maart 17h30
- 8 Maart 20h30
Kaartjies: R130 by Computicket.
The post Konnexi debuteer by die US Woordfees 2017 appeared first on LitNet.