Water
Elke kee wanne my hart se seerplekke
wee oepvlek, dan vat ekkie teksie,
ennie trein,
en nog ’n bus,
om net vi ’n bietjie daa
langs jou te gan sit,
net soe vir ’n bietjie te rus,
en miskien om soe ’n bietjie te praat,
om te vestaan,
wat te gwaan, wan selfsie grootouers
is stil oo wat hie angaan,
soe, lê ek my kop neer,
daa langs jou,
en kyk in daai
groot gesig,
met haa plat nies en wye bek,
dik lippe,
skurwe tanne, breë nek,
en al jou blougroen
plooie,
wat strek vêder as wattie oeg kan sien.
en net soe vi ’n rukkie
kan ek stil raak daa by jou,
en luiste
soes djy jou woode in en uit oppie beach
spoeg,
soes jou branners
opbou en afbriek,
opbou en afbriek.
Hulle sê djy het gesorg dat deel van jou
deerie berg klim,
soedat ôs van jou kan drink,
hulle sê dat djy jouself in plekke
onner die droë grond wegstiek,
soedat die res vannie dierevolk oek kan drink,
is ampe soes djy gewiet het dattie mens
hulle plek innie wêreld sal vegiet,
Toe my grootouers nog geliewe het,
toe hulle nog tien jou sy gebly het,
gevry het
en gebaklei het,
toe was dinge nog orraait,
die vis was volop, die veld het gebars
met kos wat hulle kon iet,
het hulle jou gevolg,
hulle het jou geloof en geprys,
en kyk nou,
kyk hoe sit ôs nou.
20 dae se wate oo,
ennie mense warry oo hulle pools
vol is, of hulle gras groen is,
20 dae van jou oo.
Water, ek is jamme
Ek wens ekkit vi jou geskryf,
toe alles nog orraait was,
but hie is ôs nou,
djy wiet mos,
ôs is mense wat wag tot dit te laat is
dan wil ôs spring,
dan gie ôs vi God skuld,
wan ‘hy’ stuurie die waterie,
but wat maak ôs,
elke laaste plek waa djy is,
mors ôs op,
elke stroom, elke rivier,
elke oseaan,
elke deel van jou,
mors ôs op,
of miskien blame ôs wie die arme duiwel
en sy soldate
wan dis sy skuld dat ôs soe opgemors is,
dis sy skuld dat ôs jou soe behandel,
en hie is ôs nou,
in k-straat,
en soe sit ôs sonne jou,
toegegooi onne droë
landerye,
fokkol groente om an te iet,
is net plestiek,
ennie slaggoed gan ammal vrek,
vannie dors of van allie pille wattie
base hulle mien opstop,
dis net kanker wat djy sien en hoor,
luiste net na die blêr van ’n bok,
die kraai vannie haan,
dis net kanker wat djy hoor,
but die gawwement
maak soes hulle amal
net gebaretaal vestaan,
of soes hulle met
donkerbrille en stok die strate af loep,
die donners, vat gat van amal,
but djy sien, dié wat nou gebee
issie Nestlé se skuld, offie gawwement sinne nie,
al moesie gawwement plan gemaakit,
wan hoekô wôd hulle dan betaal?
en wie wiet Nestlé steel sieke al lankal,
en nie net vi jou nie.
but hie is ôs nou,
sonne geld, sonne krag,
sonne siele, sonne land,
sonne ’n gawwement wat warry oo ôs,
en sonne jou.
dis niemand se skuld but ôs sinne nie.
ôs soek te veel vannie wêreld af,
te veel wil ôs afbriek,
om iets niets op te bou,
ôs was nog nooit tevriede met wat ôs hettie.
En kyk nou,
nou is ôs hie!
My grootouers
het gewiet
as djy vrek, dan vrek hulle.
Hoe maak ôs dié reg,
Hoe kan ôs ôsself
help en vi jou trug kry?
Ek kan oekie die wind skuld gie nie,
wan sy doen maa net haa wêk,
sy vie die vullis weg.
Ek wens ek kon trug gan,
of vorentoe gan,
op soek na ’n wêreld wat omgie
virrie goed soes djy.
In 20 dae is daa nie mee waterie.
Die krane se drip gan ophou,
die arm kinners ennie arm oumense
gan vi dood te vroeg ontmoet,
die ghetto’s se wate gan mos eeste opdroeg,
ek het ’n droem gehad,
my grootouers het langs my gestaan,
amal met hulle koppe gelig.
my pa-se-kant aan my regtersy,
my ma-se-kant aan my linkersy,
ek het regs-af gekyk ennie ry het
gestrek vêder as wat ek kon sien,
ek het links-af gekyk ennie ry het
gestrek vêder as wat ek kon sien,
ek het agte my gekyk en daa het nog rye agte my
gestaan vêder as wat ek kon sien,
toe ek trug draai het ek in ’n muur vasgekyk,
dit was soe hoeg soes daai twie torings van Amerika,
daai twie wat gevallit
toe Madiba nog geliewe het,
daa was ’n hek, gemaak van dik tralies,
ek kon sien annie annekant,
but die hek was gesluit,
ek was dors,
en net annie annekant vannie hek was daa
’n stroom water, wat skoon vannie berg
af gekommit,
ek kon jou ruik innie lig,
ek het my gesig tienie dik tralies gedruk,
ek kon jou asem voel op my gesig,
klam-koel,
ek het geruk-ruk annie slot,
ek het begin skrie, wan miskien sal iemand my hoo,
’n paa mense het annie annekant van jou stroom kom staan,
hulle het gewaai,
dis wat ek gedink het, maa hulle gesigte
was donker, vol kwaad en haat,
ek het geskrie en gesê, “die hek is gesluit”,
hulle het wee gewaai,
ek het na my voo-ouers gekyk,
hulle was amal stil,
het gestaan met hulle koppe gesak,
ampe soes hulle kennebakke
vas aan hulle borskaste geskroef was,
ek het wee gekyk na die mense agterie
hek,
ek het wee gekyk en gesien dat hulle
biesag was om my weg te waai,
ampe soes die wind die vullis weg waai.
Toe ek trug draai, was ek allien,
dis son het stadig die land om my lig gegie,
dit was Dood, sy’t daa gestaan
met ’n bottel Coke in haa hand,
sy’t dit vi my gegie,
en gesê,
“Dê! Drink!” Sy’t haa lippe tien
haa tanne getrek en gesê,
“Mxm, moenie warry nie, djy’s neks.”
Toe skrik ek wakke.
Ek wens ek kon trug gan,
of vorentoe gan,
op soek na ’n wêreld vol mense wat omgie
vi dinge wat groter en meeder is as hulle.
In 20 dae is daa nie mee waterie.
Die krane se drip gan ophou,
die arm kinners ennie arm oumense
gan vi Dood eeste onmoet,
in 20 dae se tyd,
gannie ghetto’s se water eeste opdroeg,
en ’n muur gat opspring om Kaapstad
ommie water van Tafelberg te beskerm tien
mense soes ek, en djy ...
’n kinners vannie ghetto.