Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Huis, woning, tuiste: Marlize Prins se inskrywings

$
0
0

Wens jy was nog my tuiste

Verlang na jou my
oplossing
vir smart, moedeloosheid –
asook blydskap
diep binne verskyn ’n holte – gaan dit ooit heel word?

Vier mure druk my vas:
sonder jou is ek leeg, ek kom nie los, vasgevang.
My drome het geen betekenis, want jy mag nie meer daar wees

Herinneringe steeds daar maar bring net:
lyding,
seer.

Jy verlaat my finaal:
jy toer alleen, gewese toekomsplanne tevergeefs
voel soos ’n kerkmuis sonder jou:
arm.

My gedagtes dwaal rond:
by jou, my en ons

Sekuriteit daarmee heen en gerusstelling daarmee gepaard.
My oë bly betraan en soms as dit te erg raak,
rol trane oor my wange soos oseane.
Sit met meer vrae as antwoorde:
Heel grootste een: “Hoekom nou? Hoekom maak jy my so seer?”

Waarom was ek die laaste een om te hoor?

Al is ek by ’n ander, bly my hart steeds by jou.
Jou naam ingekerf in my hartskamers.
My hart wil bly, maar my kop wys in ’n teenoorgestelde rigting.

Die leë fotorame maak my:
benoud,
angsbevange.

Sal jy ooit weer terugkom?

Soms twyfel ek:
ja,
nee?

Dapper om steeds te hoop en wat as …
ek stop net daar, want as is verbrande hout.

 

Die tuiste, my tuiste!

Naby, maar tog só ver
ek is alleen en kan nie daar kom
Waar is jy? Wag jy vir my?

Die stilte bring rustigheid oor my hart:
Sonder jou is ek permanent onrustig met geen doel.
Veldblomme (vetplant), doringbosse (nunie- en hak-en-steekbos) en kokerbome vul my met kleur en vrolikheid.
Soos ons verby ry, die damme kyk, met my hare wat waai soos die windpomp, besef ek weer eens
dis net hier waar ek wil bly, my vesting en skuiling.

Wanneer dit reën pink ek ’n traan maar
wel van blydskap en dankbaarheid.
Daar vind ek vrede en kry ek rus.

Diere, groot (gemsbok, koekoe) en klein (ystervark, houtkappertjie) het elkeen ’n doel:
nêrens anders sal jy so ’n tuiste vind.

Verlang die dae van plaaskind wees:
(sonder hartseer en verdriet)
Waar gaan die tyd heen? Dit voel soos gister, waar ek vrylik kon rond beweeg – naby was!

Al is ek ver bly hy steeds in my hart,
dis net daar waar ek wil bly, my vesting en skuiling.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Marlize Prins se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>