3 5 8 13 ...
Groei gedigte in bonkige
alfabet punterige wêrelde
wat stil asemhaal
buig en verander
ekstrapoleer
donker binnekamer
goue middaguur
koel karoohuis
soet soos turksvye
koel soos fonteine
eg soos ’n kind
op reis deur sy
sonnestelsel.
The post 3 5 8 13 ... appeared first on LitNet.