Dis ’n wonder dat ’n vorige slagspreuk, “Pass One, Pass All” ook nie weer deel hiervan geword het nie, miskien kom dit nog!
Omtrent elke swart matrikulant wil nou universiteit toe gaan. Prysenswaardig, dog onprakties. Honderde-duisende rande word op fooie en inwoning betaal merendeels om uiteindelik in die rioolsloot te beland as gevolg van ’n groot aantal wat nie graad klaarmaak nie. Na drie jaar, van die oorspronklike aantal inskrywings, loop net ’n handjie vol weg met ’n graad, waarvan weer, net ’n handjie vol daarvan betrekkings kan bekom waarvoor hulle grade tot nut vir sodanige betrekking gaan wees.
Intussen terwyl hulle “studeer” wil hulle die samelewing “hervorm” met kamtige voortslepende “rewolusies” deur mekaar grootskaals op te sweep. Intussen kry die grys breinselle tussen die ore geen geleerdheid in nie. Na elke opsweep en publieke oproer, is dit die ene ge-“party” daarna. Geld daarvoor, maar nie om studiegelde te betaal nie!
Hulle wil nou ook vir hulle professore voorskryf hoe die leerkursusse daar moet uitsien met die slagspreuk van “Decolonize the Curriculum”. Vra hulle, selfs die geleerdes onder hulle uit wat behels dit en hoe gaan dit toegepas word, weet hulle nie, maar as antwoord, rammel hulle die sogenaamde ongeregthede teenoor hulle deur die dekadente kapitalistiese imperialiste aangedoen, soos ’n resitasie op met ’n refrein nogmaals daarby.
Op noukeurige analise, lê die fout eintlik met die waarneming van “demokrasie”, waar demokrasie in Suid-Afrika met “mob rule” vereenselwig word. Totdat die siening daaromtrent verander, het SA nie tot volwassenheid gevorder nie.
The post Rhodes, Fees, Afrikaans, Colonial education – “MUST FALL” appeared first on LitNet.