Verontrusting
ek soek nie meer
dit wat pulseer aan die agterdeur
van my onderkome
wat soos ’n plakkerskuiling
mistroostig misvorm
in die oog van ’n werwelstorm
ek droom nie meer
oor dit wat immergroen groei
by ’n voordeur wat plantsap
na besielde môres weergee
in die son wat klankvol blom
en seënryke strale bloei
ek bid nie meer
oor die nimmer stop
van ’n impetus-tronk
wanneer my hart opgefok
aan gisterdeure klop
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Verontrusting appeared first on LitNet.