Twee derdes van SA se bevolking woon tans in stede wat 75% van die land se arbeid-mark verteenwoordig. Projeksies op huidige tempo verstedeliking is dat teen 2030, 71% van SA se bevolking verstedelik gaan wees, en 80% teen 2050. http://www.sanews.gov.za/south-africa/south-africans-flock-urban-areas
Die aantal plaasarbeiders het sedert 1970 tot die hede met die helfte gedaal. http://www.nationmaster.com/country-info/profiles/South-Africa/Agriculture
Die gemiddelde ouderdom onder blanke plaasboere is vandag ver oor die 50 jaar, met al hoe meer blanke boerekinders wat nie wil boer nie, en eerder verstedelikte werk wil verrig.
GEVOLGTREKKING:
Individuele blankes wil nie meer boere-entrepreneurs word nie, asook nie swartes nie. Die toekoms in boerdery in die vorm van plaasboer kommersiële maatskappye sal moet berus om die landbou aan die gang te hou, met aandeelhouers as eienaars, hetsy wit of swart.
Vandag se groot politieke bohaai oor swart oornames van blanke plase, gaan in die toekoms ’n “non-issue” word. Al wat vandag se herrie dit regkry is om ras te polariseer, moontlik onherstelbaar vir die toekoms!
The post Verstedeliking in SA appeared first on LitNet.