wyl ek sterf
As die son sawens sak
oor die vreedsame vlaktes
dan verander my hart
saam met die landskap
vermurwe my gevoel
as die kleure deur my spoel
nog ’n dag is verby
van die lewe se gewoel
die sonlig dans
met die wolke en stof
wat die hemelruim in goudgeel en pers
laat ontplof
die skadu’s word langer
maar die koel van die nag
huis beloftes wat bloei
na die hitte van ’n dag
ons katel is ’n koel turksvy my lief
en haar geur is my moedverloor se oggenddief.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: wyl ek sterf appeared first on LitNet.