Jou huis is waar jou hart is
Skrop skrop die mure vuil
’n lig breek oplaas deur
gereed om die oue vir hierdie te ruil
plaas ek ’n bordjie “moenie steur”
Bepeinsend beplannend verval die ure
en dan begin die kap-kap om nuut te vorm
’n mooier baadjie kry hierdie mure
’n inwoner ook in die tye van storm
Eers loerend by my sielevensters
kaalvoet gemaklik vind ek vrede
plak neer my huisie soms ook flenters
my hart se eerste tuiste my rede
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Jou huis is waar jou hart is appeared first on LitNet.