Hoogland
Bou vir my ’n huis.
In jou velhoed,
onder jou hemp se knoop.
Agter die koerdoekklop,
waar duiwe ligvoet
deur koringlande loop.
Bou vir my ’n plek
waar alle wensdrome,
Kommer soos mis deur die wind se
drukkende swaai gestroop.
Draai my vas,
teenaan gloeiende goud
van jou vel.
Laat my rus, in die
gekneusde lig,
tussen vensters en die
verswalkende stede
van ons oë.
Laat my reis deur
jou hoogland,
Laat my tuis
wees in die kuiltjie
van jou hart se spens
en ek weer hoop.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Hoogland appeared first on LitNet.