Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Vir Jan Rap oor Afrikaans

$
0
0

Beste Jan,

Jy lees nie wat ek skryf nie, of jy maak asof jy nie verstaan nie. Nog ʼn moontlikheid is dat jy meen jy moet alles weerspreek wat ek skryf.

Dit lyk my die probleem is dat jy nie kan verstaan hoe Anglisistiese taal in Afrikaans gekom het nie. C J Langenhoven het dit mooi verduidelik. Volgens hom was Engels nooit ʼn vreemde taal vir die Afrikaanssprekende nie, en daarom kon Engelse woorde en idiome maklik deur hulle gebruik word. Miskien moet ek kortliks die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans weer eens aan jou (kortliks) verduidelik.

Toe Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geland het, het hulle in aanraking gekom met inheemse volkere, en spoedig ook met slawe wat Maleis-Portugees gepraat het. Die EOIK het ook begin belang stel in die Ooste en so het die inwoners van die Kaap vroeg al met Engels kennisgemaak. Portugees het slegs ʼn geringe invloed op die gesproke taal aan die Kaap gehad, veral omdat Portugal meer belanggestel het in Indië en dus halfwegstasies gehad het by St Helena en die ooskus van Afrika. ʼn Hele nuwe taal het nou begin vorm aanneem, sodat die Nederlanders begin kla het oor die Kaaps wat hier gepraat word. Later het dit ook bekend gestaan as Kaaps-Hollands.

Toe die Kaap deur Engeland in besit geneem is in 1803, kon die inwoners van die Kaap hulle darem verstaan. Die angel in die vlees van die burgers se spreektaal was Lord Charles Somerset. Hy het besliste pogings aangewend om die Kaap te verengels. In 1820 land hier meer aas 4 000 Britse Setlaars wat hulle veral aan die Oosgrens gevestig het, tussen die boere. In 1822 vaardig Somerset sy taalwet uit. Hiervolgens was Engels die enigste amptelike taal. Dit het ook bepaal dat Engels die voertaal in skole moet wees, en die enigste taal van die kerk. Om dit te bewerkstellig voer hy Skotse onderwysers en predikante in. Gelukkig het baie van hulle verafrikaans. Vanne soos MacDonald, McFarlane, Page, Murray, Kestell, O’Grady en vele ander moet tog vir jou bekend wees.

Dit is in hierdie tyd dat Kaaps baie verengels het. So is daar gepraat van ʼn magistraat, ʼn juts, konstabel, Cape Coloured people, en die tien oefeningboeke vol aantekeninge wat ek het oor anglisismes.

Toe Afrikaans in 1875 tot stand gekom het, was dit oortrek van die anglisismes, soos die Kaaps wat die Kapenaars praat. Dan volg die Engelse oorlog, (1899-1902) en ons almal is te bekend met die verengelsingsbeleid wat toe gevolg het. Dit was so erg dat ʼn weerstand daarteen opgebou het, en taalkundiges en onderwysers het met die uitroei van anglisismes begin. Dit is hierdie gesuiwerde Afrikaans wat as AB-taal in 1925 erkenning gekry het as amptelike taal. Hierdie suiweringsproses het tot onlangs toe nog voortgeduur, maar toe verflou en uiteindelik gestaak met die totstandkoming van die nuwe Suid-Afrika.

Wat presies met Afrikaans gebeur, kan ek nie sê nie; ek is nie Siener Van Rensburg nie. Soos dit vir my lyk, is Afrikaans besig om sy deure oop te gooi, en te neem uit Engels wat hom as taal verryk en kragtiger maak. Dit mag ook wees dat dit die begin van ʼn nuwe taal is, want so het alle tale hulle ontstaan gehad. Die eerste moontlikheid lyk vir my die aanneemlikste, want Afrikaans is alreeds ʼn sterk gevestigde taal.

Miskien moet ek net verduidelik dat die Kapenaars wat Kaaps praat, nie hulle taal gesuiwer het van Engels nie, en nie gewerskaf het aan wat hulle praat nie. Daarom het hulle bv nie woordeboeke en spelreëls soos Standaardafrikaans nie. Hulle raak ook nou taalbewus soos jy seker al gesien het, en dit sal seker die volgende stap wees.

Bevredig asseblief my nuuskierigheid. Ek wil weet hoe weet jy dat Afrikaans of enige ander taal ʼn grammatika het? Jy kon tog nie gebore gewees het met die kennis nie? Kan jy my vertel hoe hierdie grammatika lyk, of net so ʼn stukkie daarvan? Of,  jy is mos ʼn kenner van Duits en Latyn. Vertel my so ietsie van hulle grammatika.

Angus

 

The post Vir Jan Rap oor Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!