Jy is reeds maande weg,
maar jou totsiens
het soos die laaste
ryp vye aan die boom
bly hang
en ek was
te bang
om een te pluk,
ingeval al die ander ook
in die swart sand val
en al wat ek van jou sou oorhou
die growwe blare sou wees.
Met die draai van die seisoen
het die boom begin bot
en jy het laat weet
jy kom terug
dat ons die spatsels
van ons oorlewing
met die growwe blare
van vye
kan bedek.
The post Ter vye van oorlewing appeared first on LitNet.