Vroeër kon hy hoop
dat met Apartheid dood
die dop van armoede sou kraak
die lewe sou ontwaak
Toe het hy ’n oomblik weggekyk
en sy leiers het hom verlaat
In die geldtrein verdwyn
na vroeër verbode terrein
Daar sien hy hulle
met die fynste porselein
in hulle wit kastele
wit tande en lag
en hy
het nêrens
om heen te wyk nie
Hy is die man in die krot
wie se drome verrot het
behalwe die een
waarin hy die eens beloofde land
tot verskroeide aarde brand
Foto: Naomi Bruwer
The post Beloofde land appeared first on LitNet.