Google jy “the death of arts journalism” kry jy 14 miljoen resultate in 0,55 sekondes. Dit is daarom uitstekende nuus dat ernstige joernalistiek oor boeke, kuns, taal en kultuur steeds helder in die kwartaallikse tydskrif Taalgenoot bloei. Dit maak van die Taalgenoot sowel ’n kleinood as ’n potensiële groeipunt en kosbare bron van kritiese perspektiewe vir enige kranige leser.
Taalgenoot gee prominensie aan resensies van Afrikaanse boeke, musiek en rolprente, onderhoude met skrywers en dergelike ander taalkwessies in ’n gehalte-publikasie met hoë produksiewaardes. Aangesien hierdie tydskrif tans slegs vir ATKV-lede en intekenaars beskikbaar is en hul boekeblaaie dus nie algemeen op die rak of internet verkrygbaar is nie, plaas ons graag met vriendelike vergunning dié inhoud wat relevant is vir lesers, leeskringe en skrywers hier op PEN Afrikaans se webportaal.
Met die klik van jou muis kan jy hierdie inhoud in PDF-formaat aflaai uit die volgende drie uitgawes van Taalgenoot – Herfs 2016, Winter 2016 en Lente 2016.
Herfs 2016:
|
Winter 2016:
|
Lente 2016:
|
(LW: Die kompetisies en pryse waarvan melding gemaak word, is reeds verby.)
Wil jy meer inligting oor Taalgenoot hê, inteken of dalk vir die tydskrif skryf? Lees dan hier verder:
Vir meer as 83 jaar lank al vertel Taalgenoot (TG) die stories wat die vry- en volkleurwêreld van Afrikaans laat tiek. Ons strewe na besonderse werk, nie middelmatigheid nie, en ons moedig verandering, vernuwing en kritiese denke aan. As amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die ATKV, neem ons jou op ’n reis deur al die verskillende fasette van Afrikaanswees: die kunste, leefstyl en gemeenskappe wat ons besonderse kultuur kenmerk. TG spreek tot jonk en oud, tot kreatiewes en konserwatiewes. Dit is eenvoudig dié tydskrif vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.
“In die lewe bestaan ’n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te egter die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ’n goeie dosis van wat hulle behoort te wil hê." – Piet Cillié, Afrikaanse koerantredakteur en professor in joernalistiek, uit Eet jou rape eerste, 1980
Wil jy vir Taalgenoot skryf?
Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za
Teken in op Taalgenoot
Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.
Jou opsies is:
Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot
Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot. Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of (011) 919 9112 of volg dié skakel vir die doen-dit-self drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf
The post PEN Afrikaans: Nog ’n feestyd-boekbonus met die komplimente van Taalgenoot appeared first on LitNet.