Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

'n Goue kunsjoernalistieke toekenning vir Christiaan J de Swardt en LitNet

$
0
0

Christiaan J de Swardt (foto: Vrouekeur)

Christiaan J de Swardt wen goud én silwer by die BASA-toekennings 2016.

Die kunstejoernalis Christiaan J de Swardt is op 28 November met twee toekennings by die jaarlikse BASA-toekenningsgeleentheid vir joernalistieke uitmuntendheid bekroon. Hy is die enigste Afrikaanse skrywer wat goud én silwer gewen het.

Christiaan het goud gekry in die nuusafdeling vir ‘n futuristiese nuusberig wat op 22 Desember verlede jaar as fiksie op LitNet gepubliseer is onder die opskrif 'n Moerse klug.

Hy het silwer gekry vir sy resensies in DeKat ("KKNK 2016 – ‘n Stryd om oorlewing") en Vrouekeur ("Oppinoot").

Die algehele kunstejoernalis van die jaar, Niren Tolsi, het goud as beste resensent én beste artikelskrywer gekry vir sy werk in verskeie Engelse publikasies.

Die ander joernaliste wat met silwer vir hul werk in Afrikaans bekroon is, is Herman Lategan (Die Burger, Beeld, Volksblad, INK, SPAT & Media 24), Marina Griebenow (INK), Jo-Ann Floris (INK) en Johan van Lill van RSG. INK is die US Woordfees se publikasie en SPAT is  Aardklop se publikasie.

Christiaan voeg dié twee toekennings by sy ander, vorige bekronings: twee Mondi Paper Magazine-toekennings, drie Caxton Magazine Excellence-toekennings en ‘n BASA (2015).

The post 'n Goue kunsjoernalistieke toekenning vir Christiaan J de Swardt en LitNet appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>