Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Persvrystelling: INK en sy personeel vereer vir kunsjoernalistiek

$
0
0

In slegs die tweede jaar van die US Woordfees se feeskoerant, INK, het die publikasie vier toekennings by die Kunsjoernalistiek-toekennings vir 2016 opgeraap.

In die kategorie vir organisatoriese publikasies, waar dit meegeding het met onder meer nasionale koerante, het INK ’n silwer medalje gewen. Marina Griebenow en Herman Lategan het elkeen ’n silwer medalje vir resensies gewen. Jo-Ann Floris het ’n silwer medalje gewen in die kategorie vir langer artikels (features). Lategan se resensie was oor Anton Goosen se sewentigste verjaardagkonsert terwyl Floris haar ervaring van Adam Small se huldigingskonsert gedeel het.

Jacolette Kloppers, INK-redakteur, sê vir ’n Afrikaanse feeskoerant wat meegeding met hoofsaaklik Engelse publikasies, radio en digitaal op nasionale vlak, is dit "absoluut merkwaardig". "Die fokus was van meet af op die gehalte van resensies, ook langer resensies, en dit het vrugte afgewerp. Die klem is absoluut op woordkuns. Dit is sulke senior en ervare resensente met wie ek gewerk het, dat ek hulle ten volle kon vertrou in dit wat hulle gelewer het."

Nardus Engelbrecht, INK-fotograaf, het ’n goue medalje gewen vir ’n reeks foto’s wat hy vir Channel24 geneem het.

Saartjie Botha, US Woordfees-direkteur, sê: "Die gehalte van INK – joernalistiek, uitleg, teksversorging en fotografie ingesluit – is los hande die beste wat by feeste te kry is, veral in ’n era waar kunsjoernalistiek taan".

INK word ses keer tydens die Woordfees uitgegee – van Maandag tot Saterdag – en dit is ook aanlyn beskikbaar op Netwerk24.

Die US Woordfees word van 3-12 Maart 2017 in Stellenbosch aangebied. Die volledige feesprogram is beskikbaar op hul webwerf, www.woordfees.co.za.

The post Persvrystelling: INK en sy personeel vereer vir kunsjoernalistiek appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>