Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Piekniekkonsert met Arno Carstens en Refentse by die Taalmonument Tuinteater

$
0
0

arnorefentse

Die bekende kunstenaars Arno Carstens en Refentse tree op Vrydag 2 Desember 2016 as deel van die Tuinteater Piekniekkonsertreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op. Dié piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees!- projek vir kinders.

Arno Carstens, bekend as solokunstenaar en hoofsanger van Springbok Nude Girls, het in September vanjaar sy eerste Afrikaanse album, Die Aandblom 13, vrygestel. Sy vertoning sal “ietsie oud, ietsie bekend, en iets heeltemal nuut” bevat.

Die 19-jarige Refentse Morake het as onbekende sypaadjie-sanger oornag ‘n sensasie geword met sy vars verwerking van ikoniese Afrikaanse liedjies. Hy noem Afrikaans “die taal van my hart”. Sy eerste CD, My hart bly in 'n taal, het onlangs platinumstatus bereik.

Die vertoning begin om 19:00 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies (verkieslik geen glas) en piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar.

Die piekniekkonsertreeks sluit ook vertoning in deur Coenie de Villiers, Hemelbesem en Yoma (6 Januarie 2017), 'n Valentynskonsert met onder andere André Schwartz (14 Februarie 2017), The Rockets (27 Januarie 2017), Bobby van Jaarsveld (24 Februarie 2017), Amanda Strydom en Jak de Priester (10 Maart 2017) en Die Heuwels Fantasties (31 Maart 2017). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809.

The post Piekniekkonsert met Arno Carstens en Refentse by die Taalmonument Tuinteater appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>