Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Eerste inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016

$
0
0

http://www.litnet.co.za/litnet-se-afrikaanse-woord-van-die-jaar-2016/

LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2016? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Hier onder is ons lesers se heel eerste inskrywings. (As 'n woord gekies word wat meer as een voorkom, sal die wenvoorstel deur middel van 'n trekking bepaal word.) 


  • Zumafia (die kliek wat Jacob Zuma rondom hom vergaar het om sy presidensie te beskerm), Christo Viljoen
  • Staatskaping, of bloot kaping, Jaco Barnard-Naudé

  • My inskrywing vir die Afrikaanse woord van 2016, is "hof".

    Die woord het Suid-Afrika se politiek oorheers: toenemend lyk dit asof ons demokrasie in verskillende Suid-Afrikaanse howe, eerder as by die stembus, beslis word. Selfs ons openbare instellings (die Openbare Beskermer, bv) se verslae word hof toe gesleep. Studentebewegings probeer, dmv howe om universiteite tot stilstand te bring. Universiteite dagvaar hulle eie studente. Ou politieke kamerade dagvaar mekaar vir naamskending, en die president en trawante gebruik ook die howe om politieke speletjies te speel en, bordjies te verhang. Die EFF het hulle grootste politieke triomf nie by die stembus nie, maar in die hof gehad, rondom die Nkandla-storie! Die Konstitusionele Hof se status (en werkslading!) is hoër as ooit. 

    Selfs op internasionale vlak, is "hof" ons tema: Suid-Afrika se onttrekking aan die Internasionale Strafhof, veroorsaak skokgolwe beide hier en in die buiteland. Daar mag dalk 'n domino-effek in Afrika plaasvind. Dalk word die wêreld se politiek ook toenemend in howe bepaal? Europa se howe is beslis besig om te probeer sin maak van wat Brexit aan al die derduisende kontrakte binne die EU gaan doen!

    En op 'n ligter noot: soos in die mens se natuur, is dit altyd nuus as bekendes mekaar "die hof maak". Of dit nou Afrikaanse sangers, of sportlui is, of selfs politieke partye wat by mekaar en die kiesers vlerk sleep, ons nasie gee aandag! 

     "Hof"-like wense, Yolanda Spies

  • My woord is: trumpifikasie

    Die vervlakking van sosiale, kulturele en politieke sake wat voorheen as belangrik en besonders beskou is, op 'n boelieagtige en populistiese manier.

    Coenraad Walters

  • Ek wil graag die volgende woord(e) nomineer as woord van die jaar (2016):

    Rassisme

    Haatspraak

    Kampusgeweld

    Kampuswoede

    Korrupsie

    Renoster

    Renosterstroper

    Hofsaak

    Water

    Anna-Mari Pretorius

  • Dekolonisasie, Comien van Wyk

  • "krimpflasie", Desmond Ras

  • Staatskaping, Andreas van Wyk

  • Staatskaping, Anna Weideman
  • "Kernhomo", deur Barend van der Merwe

The post Eerste inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!