Voorleggings word ingewag vir die 2017 kykNET-Rapport-boekpryse en die 2017 Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans.
Die kykNET-Rapport-boekpryse word toegeken in die volgende kategorieë:
- Beste Afrikaanse volwasse roman (R200 000)
- Beste Afrikaanse niefiksie-boek (R200 000)
- Afrikaanse roman of niefiksie-boek met die meeste filmiese potensiaal (R100 000)
Die Jan Rabie-Rapportprys, wat deur Rapport en Media24 Boeke geborg word, word jaarliks toegeken om nuwe skrywers van volwasse romans in Afrikaans aan te spoor om prosa van gehalte te lewer, nuwe stemme met belofte te ondersteun en vernuwing te erken. Dit beloop R35 000.
Slegs gepubliseerde boeke wat tussen 1 Januarie 2016 en 31 Desember 2016 verskyn het, kom in aanmerking vir hierdie pryse. Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees. Indien boeke gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn het, kom die Afrikaanse uitgawe in aanmerking, mits dit deur die skrywer self vertaal is. Geen vertalings of verwerkings van ander skrywers se werk word aanvaar nie.
Inskrywingsvorms en volledige riglyne is beskikbaar by die twee sameroepers.
INSKRYWINGSBESONDERHEDE VIR 2017 KYKNET-RAPPORTPRYSE
Voltooide inskrywingsvorms sowel as 8 eksemplare van elke boek moet die sameroeper bereik voor of op die sperdatum van 11 November 2016. Boeke wat ná dié datum verskyn, moet apart versend word.
Adres waarheen boeke versend moet word per koerier:
kykNET-Rapport Boekpryse
p/a Hettie Scholtz
la Clémence 128
Webersvalleipad
Jamestown
STELLENBOSCH 7600
021 880 2030/084 583 0272
Rig alle navrae aan die sameroeper, Hettie Scholtz, by scholtz5@mweb.co.za.
Besoek ook www.kyknetrapportpryse.co.za vir meer inligting.
INSKRYWINGSBESONDERHEDE VIR 2017 JAN RABIE-RAPPORTPRYS
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Desember 2016. Die adres waarheen inskrywings vir die Jan Rabie-Rapportprys per koerier versend moet word, is:
Jan Rabie-Rapport-boekprys
p.a. Elzebet Stubbe
NB-Uitgewers
12de verdieping
Heerengracht 40
Kaapstad
8001
Rig asseblief alle navrae oor die Jan Rabie-Rapportprys aan Anita van Zyl:
Tel: 021 422 3350 / 083 709 6677
Faks: 086 649 8262
E-pos: anita@vanzylpr.co.za
2017 KYKNET-RAPPORT-BOEKRESENSENT VAN DIE JAAR
Voorleggings vir die kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar sal vroeg in 2017 aangevra word. Navrae hieroor kan intussen aan Anita van Zyl gerig word.
The post Voorleggings ingewag vir groot Afrikaanse boekpryse appeared first on LitNet.