Dit is in die nuus dat Suid-Afrika besig is om hom aan die internasionale strafhof (IS) te onttrek. Ruan Coetzee het 'n navorsingsverslag geskryf oor die noodsaak daarvan dat state tot hierdie hof behoort.
’n Juridiese evaluering van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Internasionale Strafhof
- Inleiding en probleemstelling
Suid-Afrika het op 17 Julie 1998 die Rome Statute of the International Criminal Court onderteken.[i] Hierdie statuut het die hof en sy jurisdiksie in die lewe geroep. Die Internasionale Strafhof (IS) se jurisdiksie is verskans in artikels 1 en 4 van dié statuut, en word as volg uiteengesit:
Article 1: The Court
An International Criminal Court (“the Court”) is hereby established. It shall be a permanent institution and shall have the power to exercise its jurisdiction over persons for the most serious crimes of international concern, as referred to in this Statute, and shall be complementary to national criminal jurisdictions. The jurisdiction and functioning of the Court shall be governed by the provisions of this Statute.[ii]
Article 4: Legal status and powers of the Court
- The Court shall have international legal personality. It shall also have such legal capacity as may be necessary for the exercise of its functions and the fulfilment of its purposes.
- The Court may exercise its functions and powers, as provided in this Statute, on the territory of any State Party and, by special agreement, on the territory of any other State.[iii]
Hoewel hierdie statuut reeds in 1998 opgestel is, het dit eers in 2002 in werking getree. Sy werking in Suid-Afrika het ook in 2002 gevolg, met die promulgasie van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court 27 van 2002. Hierdie wet het sy regskrag in die Republiek verkry op 16 Augustus 2002.
In die vormingsjare van die IS het Suid-Afrika, op die rug van sy nuutgevonde demokrasie, toenemende ondersteuning vir die stigting van die hof gewys. Die rede hiervoor blyk te gewees het dat die doel van hierdie hof, naamlik “to exercise its jurisdiction over persons for the most serious crimes of international concern”, sterk aanklank gevind het by die Suid-Afrikaanse regerende party, die African National Congress (ANC), wat self op ’n gereelde basis slagoffer was van gruwelike skendings van menseregte onder die apartheidsregering voor 1994.[iv] Agtien jaar later, met ’n demokrasie van byna 22 jaar oud, het die Suid-Afrikaanse regerende party aangedui dat hy Suid-Afrika se lidmaatskap van die IS wil heroorweeg. So ’n besluit hou nie net politieke gevolge in nie, maar ook juridiese gevolge – en dit is juis dié gevolge wat in hierdie verslag ondersoek sal word. Hierdie verslag het ten doel om te bepaal of Suid-Afrika enigsins aanspreeklikheid kan opdoen vir sy versuim om Al-Bashir te arresteer, wat die gevolge van ’n moontlike onttrekking uit die IS kan wees, en of alternatiewe sisteme in plek is om die misdade wat tans deur die Rome-statuut gereël word, te reguleer.
Eerstens moet gekyk word na die gebeurtenis wat die kwessie van die IS en Suid-Afrika se toekoms as lidland daarvan opnuut onder die vergrootglas geplaas het.
In Junie 2015 het die Afrika-Unie (AU), waar Suid-Afrika ’n prominente rol vervul omrede hy een van die ekonomiese leiers van die kontinent is, ’n sitting gehad in Durban, Suid-Afrika. Hierdie sitting het leiers van alle ledestate van die AU byeen geroep om sekere kwessies wat van belang is vir die kontinent en sy inwoners, te bespreek. Onder die leiers was die kontroversiële president Omar Al-Bashir van Soedan wat gebuk gaan onder burgeroorlog en talle menseregteskendings. Al-Bashir word tans deur die IS beskou as ’n internasionale misdadiger vir sy rol in die volksmoorde in sy land, maar beskou die aantygings as polities gemotiveer. Die IS het reeds ’n lasbrief vir Al-Bashir se arrestasie uitgereik. Suid-Afrika se versuim om Al-Bashir te arresteer tydens sy besoek, lei daartoe dat die Southern African Litigation Centre (SALC) die hoë hof in Pretoria nader om nakoming van die IS se lasbrief af te dwing.[v]
Die belang van hierdie saak sal ondersoek word ten einde vas te stel met watter mate van erns die howe Suid-Afrika se status as lidland van die IS beskou, en hoe bindend sy lidmaatskap op die regering is.
Tweedens sal daar gelet word op die werking van die IS in Suid-Afrika tans, veral met verwysing na die posisie ten opsigte van uitlewering van internasionale misdadigers, soos vervat in die Rome-statuut, sowel as spesifieke internasionale gevalle van uitlewering vir dié misdade voor die IS in die lewe geroep is. Daar sal ook ondersoek word of daar alternatiewe samewerkingsooreenkomste in die Suid-Afrikaanse reg bestaan wat Suid-Afrika aanspreeklik sal hou vir uitlewering van internasionale misdadigers van hierdie misdrywe aan ander internasionale liggame, sou die onttrekking uit die IS voortgaan. Die doel hiervan is om te identifiseer wat die regsposisie ten aansien van hierdie misdade sou wees, sou die Rome-statuut dit nie meer in die Suid-Afrikaanse reg reguleer nie. Daar sal verder ook gekyk word na die invloed wat die IS in Suid-Afrika sal hê, indien enige, sou Suid-Afrika nie meer ’n amptelike lid daarvan wees nie.
Derdens moet daar gekyk word na ander prominente state in die internasionale gemeenskap wat nié deel vorm van die IS nie. ’n Belangrike oorweging vir hierdie verslag is om vas te stel wat die redes vir hierdie ander state se nie-ondersteuning van IS is, en, of dit – juridies gesproke – enige voordele vir die betrokke state inhou. Die doel hiervan is om te oorweeg of soortgelyke voordele, indien enige, ook vir Suid-Afrika sal bestaan.
Suid-Afrika se aanduiding dat hy oorweeg om van die IS te onttrek, kom te midde van ’n hoogs kontroversiële tydperk in Suid-Afrika se verhouding met die internasionale gemeenskap van state. Die rede hiervoor is hoofsaaklik Suid-Afrika se versuim om die Soedannese president, Omar Al-Bashir, te arresteer, soos voorgeskryf deur artikel 59 van die Rome-statuut, wat hewige kritiek vanuit die IS en die internasionale gemeenskap van state ontlok het.[vi] In terme van die Rome-statuut is alle ledestate onder die verpligting om internasionale misdadigers in die oë van die IS te arresteer en aan die hof uit te lewer sodat hulle verhoor kan word vir die beweerde misdade teen hulle. Hierdie verpligting is in artikel 59 van die Rome-statuut verskans, en lees as volg:
A State Party which has received a request for provisional arrest or for arrest and surrender shall immediately take steps to arrest the person in question in accordance with its laws and the provisions of Part 9.[vii]
Uit hoofde van hierdie artikel is dit duidelik dat Suid-Afrika, as lid van die IS, die verpligting gehad het om Al-Bashir te arresteer en aan die IS uit te lewer.
- Southern Africa Litigation Centre v Minister of Justice and Constitutional Development and Others[viii]
In hierdie saak is die volgende vrae voor die hof gebring: Het Suid-Afrika ’n regserkende plig om Al-Bashir te arresteer? Is die ooreenkoms wat die Suid-Afrikaanse regering met die AU gesluit het rakende die aanbied van die beraad, voldoende om die plig te neutraliseer?[ix] Behoort Suid-Afrika te verhoed dat Al-Bashir die land verlaat, sodat hy uitgelewer kan word aan die IS?
Die Soedannese president, Omar Al-Bashir, was teenwoordig in die Republiek vanaf 7 tot 15 Junie 2015, met die doel om die Afrika Unie-beraad, te Durban, by te woon. Voor sy aankoms in die Republiek het die kabinet onder leiding van president Zuma gestem, en besluit om aan Al-Bashir diplomatieke immuniteit te verleen deur te waarborg dat die Soedannese president nie tydens sy besoek aan Suid-Afrika gearresteer en aan die IS uitgelewer sou word nie. Dit volg ten spyte van drie lasbriewe vir Al-Bashir se arrestasie wat deur die IS uitgereik is. Die redes vir die lasbriewe was vir beweerde misdade teen die mensdom, volksmoord en oorlogsmisdade deur Al-Bashir in Darfur, Soedan.
Voor sy aankoms in die Republiek het die IS Suid-Afrika versoek om die Soedannese leier te arresteer met sy aankoms, maar weens die kabinet se besluit om aan hom immuniteit toe te staan, is die versoek geïgnoreer.
Omrede die Suid-Afrikaanse regering aangedui het dat hy nie Al-Bashir gaan arresteer nie, het die Southern Africa Litigation Centre (hierna die SALC) – ’n menseregteorganisasie – op 14 Junie 2015 die Gauteng-afdeling van die hooggeregshof van Suid-Afrika, Pretoria genader met ’n dringende aansoek. Die doel van hierdie aansoek was om die Suid-Afrikaanse regering te dwing om te verhoed dat president Al-Bashir die Republiek verlaat. Die bevel is deur die hof toegestaan, en die saak is uitgestel tot die volgende dag, sodat die respondente repliserende verklarings kon indien.
Die hoftyd vir die daaropvolgende dag was om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd, maar teen dié tyd het mediagerugte, wat later bevestig is, reeds aangedui dat president Al-Bashir die Republiek verlaat het. Nieteenstaande hierdie feit het die Pretoriase hooggeregshof steeds uitspraak in die saak gelewer. Hoewel dit juridies nie meer ’n uitvoerbare bevel sou wees nie, kon dit lei tot aanspreeklikheid vir die betrokke partye wat die hof se bevel geïgnoreer het deur commisio (deur Al-Bashir te assisteer in sy poging om die land te verlaat), of omissio (deur te versuim om redelike stappe te doen om Al-Bashir te verhoed om die land te verlaat).
Die SALC het die volgende gronde en bewerings in die dringende aansoek voorgehou:
- Die Suid-Afrikaanse regering se versuim om stappe te doen om Al-Bashir te arresteer, of hom te verhoed om die Republiek te verlaat, is strydig met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
- Die Suid-Afrikaanse regering moet aangesê word om die Soedannese president te arresteer in terme van A40(1)(k) van die Strafproseswet,[x] waarna hy aan die IS uitgelewer moet word.
- Die Suid-Afrikaanse regering moet aangesê word om die Soedannese president te arresteer in terme van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002.
- Die regering moet gedwing word om alle redelike stappe te doen om te verhoed dat Al-Bashir die Republiek verlaat.
Met die indien van die respondente se repliserende verklarings het die respondente die verweer geopper dat Al-Bashir ’n staatshoof van ’n ander staat is wat die AU-beraad bywoon. Volgens die respondent hou dit in dat die Suid-Afrikaanse regering, uit hoofde van sy ooreenkoms met die AU rakende die aanbied van die beraad, verplig was om sekere voordele en immuniteite aan lede en personeel van die AU toe te staan. Dit sluit in afgevaardigdes en verteenwoordigers van regerings- sowel as nieregeringsorganisasies. Die bogenoemde immuniteit het onder andere ingesluit die immuniteit teen arrestasie of aanhouding van verteenwoordigers van ledestate van die AU. Hierdie verweer verwys na artikel VIII van die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die AU, wat later bespreek sal word.[xi]
Vir doeleindes van die vasstelling van die relevante en toepaslike regsaspekte word verskeie bronne deur die hof oorweeg. Die relevante aspekte van hierdie regsbronne sal hierna bespreek word.
Sedert sy inwerkingtreding in 1996 is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 die wegspringplek vir die meeste kwessies waarby die staat as respondent betrokke is. Die rede hiervoor is dat die Grondwet die oppergesag is en dat die staat, net soos alle ander persone en liggame in die Republiek, onderworpe is aan die voorskrifte daarvan.
Die eerste artikel van die Grondwet wat in hierdie saak oorweeg word, is artikel 231 van die Grondwet. Hierdie artikel lees as volg:
- The negotiating and signing of all international agreements is the responsibility of the national executive.
- An international agreement binds the Republic only after it has been approved by resolution in both the National Assembly and the National Council of Provinces, unless it is an agreement referred to in subsection (3).
- An international agreement of a technical, administrative or executive nature, or an agreement which does not require either ratification or accession, entered into by the national executive, binds the Republic without approval by the National Assembly and the National Council of Provinces, but must be tabled in the Assembly and the Council within a reasonable time.
- Any international agreement becomes law in the Republic when it is enacted into law by national legislation; but a self-executing provision of an agreement that has been approved by Parliament is law in the Republic unless it is inconsistent with the Constitution or an Act of Parliament.
- The Republic is bound by international agreements which were binding on the Republic when this Constitution took effect.[xii]
Die rede vir die relevansie van hierdie artikel is om te bepaal of die regering gebonde is aan die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002. Soos duidelik blyk uit artikel 231(2), bind ’n internasionale ooreenkoms, soos die Rome-statuut, die Republiek slegs nadat sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies dit goedkeur. So ’n ooreenkoms moet verder ook, in terme van artikel 231(4) as nasionale wetgewing verorden word voordat dit regskrag in die Republiek sal hê.
Die vraag ontstaan egter wanneer ’n verdrag, of internasionale instrument wat Suid-Afrika onderteken het, “self-executing” is (met ander woorde, dit hoef nie in munisipale wetgewing gepromulgeer te word om regskrag te verkry nie). Die hof het in Quagliani v President of the Republic of South Africa[xiii] die inhoud van artikel 231(4) oorweeg om die gebondenheid van internasionale verdrae wat nog nie in munisipale reg verorden is nie, te oorweeg. Die hof gee egter nie duidelikheid oor die posisie in die geval nie. Die hof het ook in Goodwin v Director-General Department of Justice and Constitutional Development[xiv] artikel 231(4) oorweeg. Weereens is die posisie onduidelik gelaat. In hierdie verband meen die skrywers Ferreira en Scholtz dat die konstitusionele hof ’n goue geleentheid gemis het om die posisie op te klaar:
It is unfortunate that the Constitutional Court in the judgement under discussion was reluctant to address the notion of self-executing treaties in section 231(4) of the Constitution. The reluctance of the court resulted in a missed opportunity to give direction to the interpretation of section 231(4) of the Constitution.[xv]
Die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 is gepromulgeer om uitvoering te gee aan die Rome-statuut wat Suid-Afrika onderteken het. Hoewel die Rome-statuut in munisipale wetgewing gepromulgeer is en dus geldende reg is, is die posisie ten opsigte van “self-executing” verdrae nog onduidelik en kan so ’n onsekerheid probleme veroorsaak waar die Rome-statuut nie meer in die Suid-Afrikaanse reg gebruik word nie.
Verder behoort artikel 39 van die Grondwet ook aandag te geniet.[xvi] Hoewel artikel 39 meer gefokus is op die regte in die Handves van Regte, bepaal die artikel dat:
- When interpreting the Bill of Rights, a court, tribunal or forum—
- Must promote the values that underlie an open and democratic society based on human dignity, equality and freedom;
- must consider international law; and
- may consider foreign law.
- When interpreting any legislation, and when developing the common law or customary law, every court, tribunal or forum must promote the spirit, purport and objects of the Bill of Rights.
- The Bill of Rights does not deny the existence of any other rights or freedoms that are recognised or conferred by common law, customary law or legislation, to the extent that they are consistent with the Bill.
Die mate waartoe artikel 39(1)(b) deur howe toegepas moet word, het veral aandag geniet in Glenister v President of the Republic of South Africa & Others.[xvii] Hier is die verhouding tussen die munisipale reg en die internasionale reg ondersoek ten einde vas te stel hoe bindend internasionale reg in Suid-Afrika behoort te wees. Dit is gedoen deur die aspekte van monisme en dualisme aan te raak. Volgens Tuovinen word monisme as volg omskryf:
A monistic system sees international and domestic (including constitutional) law as part of one system.[xviii]
Tuovinen verwys verder na dualisme as volg:
In a dualistic system, international law does not form part of the domestic law of a country unless and until it is made to be so by an enactment of the domestic legislature.[xix]
Volgens Tuovinen volg Suid-Afrika ’n dualistiese benadering tot internasionale reg.[xx]
Die bewoording van artikel 39(1)(b) verleen egter nie aan howe ’n diskresionêre benadering tot die oorweging van internasionale reg nie, deurdat die artikel die woord “must” bevat.
Dit blyk hieruit duidelik dat die volkereg ook deur ’n hof in ag geneem moet word by die beslegting van ’n kwessie, veral soos blyk uit Glenister v President of the Republic of South Africa & Others:
In reaching this conclusion, the fact that section 231(2) provides that an international agreement that Parliament ratifies “binds the Republic” is of prime significance.[xxi]
In hierdie geval behoort ’n lasbrief deur die IS as deel van die volkereg bindend op Suid-Afrika beskou te word. Uit hoofde van die Grondwet blyk Suid-Afrika dus gebonde te wees aan beide die Rome Statuut en die lasbrief deur die IS.
Benewens die Grondwet het die hof in hierdie saak ook twee ander wette oorweeg, naamlik die Diplomatic Immunities and Privileges Act[xxii] en die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act.[xxiii]
Hierdie wet reguleer die immuniteite en voorregte wat aan staatshoofde en personeel van internasionale liggame soos die VN en die AU verleen word wanneer hulle Suid-Afrika besoek. In hierdie geval het die hof spesifiek artikels 4(1)(a) en 5(3) ondersoek. Hierdie artikels bepaal onderskeidelik as volg:
- A head of state is immune from the criminal and civil jurisdiction of the courts of the Republic, and enjoys such privileges as–
- heads of state enjoy in accordance with the rules of customary international law;[xxiv]
Uit hierdie artikel blyk die bedoeling van die wetgewer aan te dui dat gewoonteregtelike immuniteite aan die hoofde van state verleen moet word. Verder oorweeg die hof die inhoud van artikel 5(3):
Any organisation recognised by the Minister for the purposes of this section and any official of such organisation enjoy such privileges and immunities as may be provided for in any agreement entered into with such organisation or as may be conferred on them by virtue of section 7 (2).[xxv]
Artikel 7(2) verleen ’n duidelike diskresie aan die Minister om immuniteite te verleen wat “in die belang van die Republiek is”.[xxvi] Hieruit blyk ’n mens te kan aflei dat die Minister wel immuniteit kan toestaan aan ’n staatshoof, solank dit in belang van die Republiek is en voldoende gepubliseer word in terme van die vereistes in artikel 7.
Die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 is geskep om gevolg te gee aan die Rome-statuut wat Suid-Afrika in 1998 onderteken het. Die volkeregtelike reëls bepaal dat, sodra so ’n verdrag in nasionale wetgewing omskep word en deur die Nasionale Vergadering gepromulgeer word, dit regskrag verkry en bindend is.
Soos reeds verduidelik, is hierdie wet bindend op die Republiek. Hierdie wet benader egter die posisie ten aansien van immuniteite in direkte teenstelling met die Diplomatic Immunities and Privileges Act deurdat artikel 59 uitdruklik die arrestasie van persone teen wie die IS reeds ’n lasbrief uitgereik het, voorskryf.[xxvii] Hierdie wet verleen hier geen diskresie nie.
- Die Agreement between the Government of the Republic of South Africa and the Commission of the African Union[xxviii]
Vir Suid-Afrika om die bogenoemde beraad aan te bied, moes Suid-Afrika ’n ooreenkoms met die AU aangaan. Artikel VIII van hierdie ooreenkoms reël die posisie ten aansien van immuniteite. Hierdie artikel bepaal soos volg:
The Government shall accord the members of the Commission, and Staff members, the delegates and other representatives of Inter-Governmental Organisations attending the Meetings the privileges and immunities set forth in Sections C and D, Articles V and VI of the General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU.[xxix]
Die artikel verwys na die General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU, wat volgende bespreek sal word.
- Die General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU[xxx]
Die artikels waarna in die bostaande aanhaling verwys word, is afkomstig vanuit die General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU.[xxxi] Hierdie artikels lees as volg:
- Representatives of Member States to the principal and subsidiary institutions, as well as to the Specialized Commission of the Organization of African Unity, and to conferences convened by the Organization, shall, while exercising their functions and during their travel to and from the place of meetings, be accorded the following privileges and immunities;
(a) Immunity from personal arrest or detention and from any official interrogation as well as from inspection or seizure of their personal baggages;
(b) Immunity from legal process of every kind in respect of words spoken, written or acts performed or votes cast by them for and in the exercise of their functions;
- Privileges and immunities are accorded to the representatives of Members not for the personal benefit of the individuals themselves, but in order to safeguard the independent exercise of their functions in connection with the Organization of African Unity. Consequently, a Member not only has the right but is under a duty to waive the immunity of its representative in any case where in the opinion of the Member the immunity would impede the course of justice, and it can be waived without prejudice to the purpose for which the immunity is accorded.
- In this article the expression “representatives” shall be deemed to include all delegates, deputy delegates, advisers, technical experts and secretaries of delegations.[xxxii]
Hierdie artikel lê duidelik die posisie uit ten aansien van immuniteite binne die AU en sy lidlande.
Nieteenstaande die feit dat president Al-Bashir ten tyde van die hof se uitspraak reeds die land verlaat het, of die weerlegbare vermoede bestaan het dat hy die land verlaat het, het die hof voortgegaan om uitspraak te gee. Hoewel die uitspraak prima facie juridies onuitvoerbaar blyk te wees, is dit wel relevant om aanspreeklikheid, indien enige, vas te stel.
In hierdie geval beslis die hof dat die respondente se versuim om te verhoed dat president Al-Bashir die land verlaat, direk strydig is met artikels 231(4) en 165 van die Grondwet. Die hof bevind in die guns van die applikant en beveel die volgende:
We stated earlier that the departure of President Bashir from this country before the finalisation of this application and in the full awareness of the explicit order of Sunday 14 June 2015, objectively viewed, demonstrates non-compliance with that order. For this reason we also find it prudent to invite the NDPP to consider whether criminal proceedings are appropriate.[xxxiii]
Die hof verwys na al die bogenoemde vorme van wetgewing om tot sy gevolgtrekking te kom. Hoewel die respondente aangedui het dat hulle nie bewus was van Al-Bashir se planne om die land te verlaat nie, bevraagteken die hof die waarskynlikheid daarvan. Die hof argumenteer dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Al-Bashir en sy gevolg vanaf Sandton na Waterkloof-lugmagbasis sou kon reis sonder dat enigeen van die respondente daarvan bewus was. Verder bevraagteken die hof of dit enigsins moontlik is dat die Soedannese vliegtuig van Al-Bashir die lughawe kon verlaat sonder dat die respondente seker gemaak het of Al-Bashir aan boord is of nie. Volgens die hof stem die aankomstye van Al-Bashir in Soedan nie ooreen met die tyd waarop die respondente aanvoer hy Suid-Afrika verlaat het nie.[xxxiv]
Die hof meen verder dat die Grondwet[xxxv] bevestigend is van die respondente se gebondenheid aan sy bevel dat die respondente Al-Bashir moes verhoed het om die land te verlaat.
Hoewel dit prima facie blyk dat die respondente doelbewus mala fide opgetree het, siende dat hulle bewus moes gewees het van die relevante artikels van die Grondwet, is die posisie nie so duidelik as wat dit skyn te wees nie.
Omrede hierdie saak ’n toonaangewende saak blyk te wees rakende die regering se benadering ten opsigte van internasionale misdadigers, is daar verskeie faktore wat aandag behoort te geniet in hierdie aangeleentheid:
Eerstens moet die respondente se verweer oorweeg word. Die respondente voer aan dat hulle optrede binne die grense van die jurisdiksie wat aan die Minister verleen word, val in terme van die Diplomatic Immunities and Privileges Act.[xxxvi] Verder argumenteer die respondente dat die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die AU Suid-Afrika verhoed om op te tree teen Al-Bashir omrede Suid-Afrika, by ondertekening van die ooreenkoms, onderneem het om dit nie te doen nie.
Tweedens moet gekyk word na hoe die hof hierdie uitspraak bereik het. Die hof kritiseer die respondente deur te sê dat:
At this stage, on a common-sense approach, there are clear indications that the order of Sunday 14 June 2015 was not complied with. It is for this reason that we are moved to state that a democratic state based on the rule of law cannot exist or function, if the government ignores its constitutional obligations and fails to abide by court orders. A court is the guardian of justice, the cornerstone of a democratic system based on the rule of law. If the state, an organ of state or state official does not abide by court orders, the democratic edifice will crumble stone by stone until it collapses and chaos ensues.[xxxvii]
Hiermee bevestig die hof die inhoud en veral die belang van artikel 165 van die Grondwet[xxxviii] wat die “rule of law” voorskryf. Hierdie aspek beskou die hof veral in hierdie saak ononderhandelbaar deur te sê:
Where the rule of law is undermined by government it is often done gradually and surreptitiously. Where this occurs in court proceedings, the court must fearlessly address this through its judgments, and not hesitate to keep the executive within the law, failing which it would not have complied with its constitutional obligations to administer justice to all persons alike without fear, favour or prejudice.[xxxix]
Artikel 231 van die Grondwet is verder duidelik ook ’n primêre oorweging in die uitspraak van die hof. Dit bevestig dat Suid-Afrika gebonde is aan die Rome-statuut, en fundeer die IS se verwagtinge van Suid-Afrika om Al-Bashir te arresteer en uit te lewer.
Derdens moet oorweeg word watter verdere relevante aspekte die hof oorweeg het. Hoewel Suid-Afrika ’n prominente rolspeler in die AU is, deurdat dat hy die sterkste ekonomie op die kontinent het, kan sy verpligtinge teenoor die AU nie die Grondwet ondermyn nie.
Die hof oorweeg ook verder die aspek dat die respondente artikel 5(3) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act[xl] en artikel VIII van die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die AU as verweer opper.[xli] Oor artikel VIII bepaal die hof:
Article VIII does not refer to a head of state but to members of the commission and other intergovernmental organisations. It is also clear from the preamble to the agreement that the commission is charged with the exclusive responsibility of organising, conducting and managing the meetings. No head of state has this responsibility and no such submission was advanced before us.[xlii]
Die hof gaan verder en bepaal oor artikel 5(3) die volgende:
It cannot be argued that s 5 applies to a head of state according to the basic principles of interpretation nor can s 4(1)(a) be used to confer immunity on the president, as he does not enjoy immunity in accordance with the rules of customary international law. We have already pointed out above that the fifth respondent did not rely on this section in any way in her notice.[xliii]
Vir die vasstelling van die juridiese gevolge van ’n moontlike onttrekking uit die IS is dit nodig om te bepaal watter rol die IS tans in Suid-Afrika speel. Verder moet daar ook ondersoek word tot watter mate lidlande gedwing kan word om hul samewerking aan die IS te bied, en hoe die IS se Rome-statuut die munisipale reg van sy lidlande infiltreer.
3.1 Die werking van die IS in Suid-Afrika
Soos reeds aangedui, het Suid-Afrika die Rome-statuut in 1998 onderteken. Hierdie statuut het die Internasionale Strafhof – geleë in Den Haag – in die lewe geroep, en sedert 2002 geniet hierdie statuut regskrag in die Republiek uit hoofde van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act.[xliv]
Die magte en regstatus van die IS word gereël deur die Rome-statuut. Volgens hierdie artikel is dit as volg:
- The Court shall have international legal personality. It shall also have such legal capacity as may be necessary for the exercise of its functions and the fulfilment of its purposes.
- The Court may exercise its functions and powers, as provided in this Statute, on the territory of any State Party and, by special agreement, on the territory of any other State.[xlv]
Hieruit blyk dit duidelik dat enige lidland gebonde is aan die IS deurdat die IS sy magte en funksies mag uitoefen binne enige lidland se territoriale gebied.
Die Rome-statuut gee besondere duidelikheid oor die verwagtinge wat die IS van sy lidlande sal hê. Hierdie verwagtinge word uitdruklik in artikels 86 en 87 van hierdie statuut uitgelê. Wanneer die werking van die IS oorweeg word, is dit veral van kardinale belang om te verwys na wat presies verwag word, en die gevolge van nienakoming van die verwagtinge.
Artikel 86, bekend as die samewerkingsklousule, stipuleer die algemene verpligtinge tot samewerking as volg:
States Parties shall, in accordance with the provisions of this Statute, cooperate fully with the Court in its investigation and prosecution of crimes within the jurisdiction of the Court.[xlvi]
Uit hierdie artikel blyk dit duidelik dat die IS nie gedeeltelike samewerking van lidlande sal duld nie, maar dat dit eerder volkome samewerking eis.
Die IS poog ook om lidlande se samewerking te verseker deur daarop aan te dring dat lidlande die vereistes om samewerking, soos gelys in artikel 87, in die staat se nasionale wetgewing vervat. In hierdie verband bepaal artikel 88 die volgende:
States Parties shall ensure that there are procedures available under their national law for all of the forms of cooperation which are specified under this Part.[xlvii]
Suid-Afrika voldoen aan artikel 88 deur die promulgasie van Wet 27 van 2002.[xlviii]
Lidlande van die IS wat die Rome-statuut onderteken het se munisipale reg word onvermydelik deur die IS geaffekteer, omdat hierdie lande die Statuut in munisipale wetgewing moet promulgeer. Du Plessis omskryf die benadering van die IS tot sy lidlande in terme van die “complementarity”-begrip.[xlix] Volgens Du Plessis is hierdie begrip ’n fundamentele dryfkrag van die IS. Die begrip behels dat die IS nie poog om lidlande se nasionale jurisdiksie ten aansien van strafgedinge te vervang nie, maar dat die IS eerder poog om sy jurisdiksie komplementêr tot dié van die lidland uit te voer. Ter illustrasie hiervan gee die Rome-statuut aan ’n lidland die bevoegdheid om internasionale misdadigers in sy eie howe te verhoor in samewerking met die IS. Die IS poog deur hierdie beginsel om die Rome-statuut met sy lidlande se wetgewing te versoen, ten einde ’n internasionale standaard met betrekking tot internasionale misdadigers daar te stel. Die betrokke staat moet egter beide die bevoegdheid en bereidwilligheid hê om die saak aan te hoor.
Volgens Du Plessis beskik die IS nie oor universele jurisdiksie nie.[l] Die hof se jurisdiksie is grotendeels beperk, en kan op een van twee wyses verkry word. Eerstens stel lidlande hulself outomaties aan die jurisdiksie van die hof onderworpe deur ondertekening van die Rome-statuut. Dít volgens artikel 12(1) wat bepaal dat:
A State which becomes a Party to this Statute thereby accepts the jurisdiction of the Court with respect to the crimes referred to in article 5.[li]
Tweedens kan ’n staat ook onderhewig wees aan die IS se jurisdiksie deur ’n deklarasie af te lê. Dit is in die geval waar die staat nie ’n lidland van die Rome-statuut is en dit onderteken het nie, maar steeds sy samewerking aan die IS bied, sou dit nodig wees.[lii]
Soos reeds genoem, het Suid-Afrika in 2002 regskrag op nasionale vlak aan die Rome-statuut verleen deur die promulgasie van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002. Soos artikel 231 van die Grondwet voorskryf, is internasionale verdrae wat die Republiek onderteken eers werklik bindend en afdwingbaar binne die grense van die Republiek wanneer dit in nasionale wetgewing verorden word, na aanvaarding deur die Nasionale Vergadering sowel as die Nasionale Raad van Provinsies.[liii] Die omvang en doel van hierdie wet word omskryf in die voorwoord daarvan as:
To provide for a framework to ensure the effective implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court in South Africa; to ensure that South Africa conforms with its obligations set out in the Statute: to provide for the crime of genocide, crimes against humanity and war crimes; to provide for the prosecution in South African courts of persons accused of having committed the said crimes in South Africa and beyond the borders of South Africa in certain circumstances; to provide for the arrest of persons accused of having committed the said crimes and their surrender to the said Court in certain circumstances; to provide for cooperation by South Africa with the said Court; and to provide for matters connected therewith.[liv]
Die wetgewer poog in die voorwoord om die Rome-statuut se gesag noukeurig te omskryf deur spesifiek te verwys na gevalle waar die wet toepassing sal vind, en tot watter mate Suid-Afrika bystand moet verleen aan die IS. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die wetgewer nie samewerking blindelings voorskryf nie. Dit is duidelik in die wetgewer se gebruik van die woorde “in certain circumstances”.[lv]
Voor die inwerkingtreding van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 was daar geen wetgewing op nasionale vlak wat die aangeleenthede wat in hierdie wet verskans is, gereël het nie. Suid-Afrika was verder ook die eerste staat in Afrika wat die Rome-statuut in nasionale wetgewing verorden het. Al hierdie faktore is aanduidend van Suid-Afrika se ondersteuning van die IS.
Dit blyk egter dat hierdie posisie aan die verander is. Suid-Afrika se verhouding tot internasionale misdade en sy bereidwilligheid tot samewerking met die IS is in die afgelope paar jaar gereeld bevraagteken.
Toe Jacob Zuma in 2009 as president verkies is, is Al-Bashir na Suid-Afrika genooi vir Zuma se inhuldiging, ten spyte van die lasbrief vir sy arrestasie wat reeds bestaan het. Verder het Suid-Afrika by ’n AU-beraad, gehou te Sirte, Libië, ’n resolusie gelei deur wyle president Muammar Gaddafi van Libië ondersteun wat gepoog het om alle lidlande van die AU te dwing om die lasbrief vir Al-Bashir se arrestasie te verontagsaam.[lvi] Hierdie optrede van Suid-Afrika dui daarop dat sy oorweging om van die IS te onttrek, verder strek as die kwessie in Southern Africa Litigation Centre v Minister of Justice and Constitutional Development and Others.[lvii]
Die kwessie van uitlewering tussen state is van kardinale belang vir internasionale geregtigheid. Soos reeds vasgestel, skryf die IS samewerking ten aansien van uitlewering aan sy lidlande voor deur middel van die Rome-statuut. Die gevolg van ’n potensiële onttrekking uit die IS op uitlewering moet aandag geniet indien die juridiese gevolge van so ’n onttrekking ondersoek word.
Die posisie ten aansien van uitlewering (vir alle misdade en nie net dié wat die Rome-statuut reël nie) in Suid-Afrika word tans deur die Extradition Act gereël.[lviii] Die aanhef van hierdie wet lees as volg:
To provide for the extradition of persons accused or convicted of certain offences and for other incidental matters.[lix]
Op internasionale vlak bestaan daar egter geen algemene plig tot uitlewering nie, en word die posisie grotendeels gereël deur verdrae tussen state.[lx] Omdat verdrae die grondslag van uitlewerings vorm, is dit belangrik vir Suid-Afrika se internasionale aansien om nie net soveel moontlike uitleweringsverdrae te sluit nie, maar ook om dit te eerbiedig. Suid-Afrika is tans in samewerking met ’n hele aantal ander lande rakende uitleweringsaangeleenthede.[lxi]
Soos reeds aangedui, was daar geen munisipale reg ten aansien van die uitlewering van internasionale misdadigers vir die misdade, soos vervat in die Rome-statuut, voor die inwerkingtrede van die Rome-statuut in 2002 nie. Daar was ook nog geen plaaslike vervolging van ’n internasionale misdryf vervat in die Rome-statuut voor dit nie.[lxii] Dugard meen die hoofrede hiervoor was die nullum crimen sine lege-beginsel.[lxiii] Volgens hierdie beginsel bestaan daar geen misdryf indien dit nie in wetgewing vervat word nie. Hoewel Suid-Afrika die Geneefse Konvensies van 1949 onderteken het, was hierdie konvensies nie gepromulgeer in munisipale wetgewing nie.[lxiv] Dit het weer die nullum crimen sine lege-beginsel vastrapplek as verweer gegee. Die Rome-statuut het dus ’n einde aan hierdie onsekere regsposisie gemaak.
Uitlewering ná die potensiële onttrekking blyk uit die bogenoemde ondersoek onseker te wees. Hoewel daar talle verdrae tussen Suid-Afrika en ander lande bestaan vir uitlewering van beweerde misdadigers vir vervolging van misdade wat nie in die Rome-statuut vervat is nie, kan die regsposisie vir misdade, soos vervat in die Rome-statuut, sonder die Rome-statuut problematies wees. Die gevaar bestaan dat die posisie sal terugkeer na die posisie voor die Rome-statuut in werking getree het, wat die nullum crimen sine lege-beginsel ten opsigte van internasionale misdade sal laat herleef. Hierdie afleiding word ondersteun deur Dugard se mening dat:
Under the IS Act, a structure is created for national prosecution of crimes in the Rome Statute.[lxv]
Suid-Afrika se voorgenome onttrekking uit die IS sal nie noodwendig die IS se invloed op Suid-Afrika tot ’n einde bring nie. Hoewel die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 nie meer werking in die Suid-Afrikaanse reg sal hê nie, kan Suid-Afrika steeds aanspreeklikheid opdoen vir sy versuim om Al-Bashir te arresteer.[lxvi] Volgens die hoofaanklaer van die IS, Fatou Bensouda, sal die onttrekking uit die IS Suid-Afrika nie onthef van sy verantwoordelikhede nie, omdat bestaande verrigtinge sou voortgaan.[lxvii] Bensouda meen verder dat:
All the actions and the legal status that arose from them being a state party will continue. The withdrawal can only take effect one year after they have decided to withdraw.[lxviii]
Hoewel Bensouda nie aandui watter aanspreeklikheid Suid-Afrika sal opdoen nie, maak sy dit duidelik dat:
There may be proceedings instituted against South Africa that could mean South Africa could be found to be noncompliant.[lxix]
’n Verdere wyse waarop die IS steeds ’n invloed op Suid-Afrika kan hê, is deurdat die Veiligheidsraad van die VN steeds misdade na die IS kan verwys. Dit lei daartoe dat, selfs met die onttrekking, Suid-Afrika nie heeltemal vry van die IS sal wees nie.
Aanvanklik het 139 lande die Rome-statuut onderteken, waarvan 39 nog nie die Rome-statuut in munisipale wetgewing verorden het nie. Sedertdien het drie lande – Israel, Soedan en die VSA – aangedui dat hulle nie meer van voorneme is om die Rome-statuut in munisipale wetgewing te promulgeer, of hulself gebonde te stel aan die jurisdiksie van die IS nie.[lxx] By ’n moontlike onttrekking moet ook vasgestel word waarom ander state nie deel van die IS vorm nie, ten einde vas te stel of daar enige voordele hieraan verbonde is.
Die VSA word op talle internasionale terreine as ’n wêreldleier erken. Dit is juis daarom dat die VSA se nie-ondersteuning van die Rome-statuut verbasend mag wees. Hoewel die VSA in die verlede ondersteuning gewys het vir die IS, het hy nooit die Rome-statuut onderteken of dit in munisipale wetgewing verorden nie, en het hy ook aangedui dat hy nie meer van voorneme is om dit te doen nie.
Die rede hiervoor blyk te wees dat die VSA poog om te verhoed dat sy politieke en militêre leiers aanspreeklik gehou kan word op grond van “uniforme standaarde van geregtigheid”.[lxxi] Dit blyk te wees dat die VSA eerder self sy burgers en leiers wil vervolg as om hulself onderhewig te stel aan die IS en die Rome-statuut. Dit wil voorkom asof die VSA hom hier op sy soewereiniteit as staat beroep. Die VSA het verder ook aktief probeer verhoed dat enige ander lande sy burgers aan die IS uitlewer.[lxxii] Die skrywer Paul Kahn meen die VSA se nie-ondersteuning van die IS kan as volg verduidelik word:
The United States stands out in the West today because of its insistence that politics has priority over law. It remains attached to the belief that it is a self-determining political entity; it will not subordinate the national will to the universal rule of reason. Politics, on this view, is the self-expression of the sovereign nation-state.[lxxiii]
Die VSA se nie-ondersteuning blyk dus meestal polities van aard te wees.
In teenstelling met die VSA geniet Sjina nie ’n hoë internasionale aansien wanneer dit kom by sy benadering tot menseregte en internasionale geregtigheid nie. Dit is daarom nie verbasend dat Sjina nie ’n lidland van die IS is nie.
Die skrywer Joel Wuthnow meen egter dat hoewel Sjina in sekere opsigte weier om die IS by te staan, Sjina se ondersteuning daarvan in ander opsigte nie misgekyk moet word nie:
Nevertheless, it is important not to overstate the People Republic of China’s intransigence. In the 1990s, China agreed to launch the international criminal tribunals for Rwanda and the former Yugoslavia, which were the forerunners of the ICC. Despite its interests in Sudan, Beijing acquiesced to a referral of the situation in Darfur to the ICC in 2005, which led to an indictment of President Omar al-Bashir and others in 2009. In February 2011, surprising some observers, it voted in favour of a referral of Libya’s Muammar Qaddafi.[lxxiv]
Daar kan in hierdie geval ook geargumenteer word dat Sjina se nie-ondersteuning polities kan wees. Die ware toets van Sjina se benadering tot die IS sal eers plaasvind wanneer die IS ’n Sjinese burger wil vervolg.
Die feit dat beide die VSA en Sjina nie lede van die IS is nie, bring die werklike mag van die IS in twyfel. Beide die VSA en Sjina is lede van die Veiligheidsraad van die VN. Beide hierdie state is beklee met vetoregte in die Veiligheidsraad, en die afleiding kan gemaak word dat hulle enige voorgestelde vervolging van hulle burgers in die Veiligheidsraad sal veto.[lxxv]
Suid-Afrika is sedert sy demokratisering in 1994 ’n ondersteuner van gelykheid, vryheid en menswaardigheid. In 1998, by die ondertekening van die Rome-statuut, het Suid-Afrika sy steun duidelik gemaak vir die IS. Suid-Afrika was ook een van die eerste lande wat die Rome-statuut in munisipale wetgewing verorden het om regskrag aan hierdie statuut in die Republiek te bewerkstellig. Dit was egter duidelik dat baie ander lede van die AU nie Suid-Afrika se entoesiasme oor die IS gedeel het nie. Veertien jaar na sy insluiting oorweeg Suid-Afrika nou om van die IS te onttrek, om verskeie redes, soos in hierdie verslag bespreek. Aan die hand van hierdie verslag is die volgende aspekte van kardinale belang by die oorweging om te onttrek.
Die verskeie respondente, waaronder die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, is streng gekritiseer deur die konstitusionele hof in SALC v Minister of Justice and Constitutional Development. Hierdie saak kan gesien word as ’n belangrike aanduiding van die regsprekende gesag se erkenning en toepassing van die “rule of law”. ’n Verdere gevolg van Suid-Afrika se versuim om Al-Bashir te arresteer is dat die hoofaanklaer van die IS, Fatou Bensouda, aangedui het dat Suid-Afrika nie noodwendig aanspreeklikheid vir sy versuim om Al-Bashir te arresteer, sal vryspring nie.
Die IS se werking in Republiek is ook ondersoek. Die vraag rondom uitlewering en vervolging van internasionale misdade voor en na die inwerkingtreding van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 is aanduidend van ’n moontlike struikelblok vir die voorgenome onttrekking. Dugard meen dat die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 juis konsekwentheid bewerkstellig het, omrede die posisie voor dié wet nie tot suksesvolle vervolging en uitlewering gelei het nie. Suid-Afrika behoort, sou hy voortgaan met sy voorgenome onttrekking, eers te verseker dat die Suid-Afrikaanse reg (sonder die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002) steeds vervolging en uitlewering van internasionale misdadigers aan internasionale magte soos die IS en VN sal ondersteun. Hierdie probleem blyk op twee maniere mee gehandel te kan word:
Die eerste voorstel is dat die konstitusionele hof uitsluitsel moet gee oor die interpretasie en strekking van artikel 231(4) van die Grondwet. Soos verduidelik, meen Ferreira en Scholtz dat die hof reeds geleenthede gehad het om dit te doen, maar steeds in gebreke bly. ’n Beter begrip oor die strekking van artikel 231(4) kan daartoe lei dat konvensies wat die Republiek onderteken, geag word geldend en afdwingbaar te wees. Dit sal konvensies soos die Geneefse Konvensies toelaat om tot ’n sekere mate die leemte wat die skrapping van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002 sal laat, te vul.
Die tweede voorstel behels dat die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies alle konvensies waartoe Suid-Afrika ’n ondertekenaar is, in munisipale reg moet promulgeer. Dit plaas egter ’n groot administratiewe las op die wetgewer, veral omdat dit wenslik is dat so ’n promulgasie voor die voorgenome onttrekking moet plaasvind om te verhoed dat ’n leemte vir ’n onbepaalde tyd in die reg bestaan.
Die rede vir Suid-Afrika se voorgenome onttrekking is egter onduidelik. Aan die een kant word dikwels geargumenteer dat die voorgenome onttrekking polities gemotiveer is, terwyl ander meen dat die IS nie Afrika en sy mense se behoeftes verstaan nie. Daar is egter sprake van ’n nuwe regionale strafhof vir Afrika. Hoewel daar nog geen konkrete planne hiervoor is nie, behoort dit interessant te wees om te sien tot watter mate Suid-Afrika hierdie hof sal ondersteun.
Geen staat beskik oor die vermoë om totaal onafhanklik van die internasionale gemeenskap van state te funksioneer nie, daarom behoort geen staat sy plig as bewaarder van vrede en veiligheid in die internasionale gemeenskap te ignoreer nie. Hoewel die Verenigde Nasies (VN) in dié verband ’n belangrike rol speel, blyk die IS ’n addisionele plig op state te plaas om nie sy plig om internasionale misdaad te bekamp te ignoreer nie en Suid-Afrika behoort nie hierdie plig ligtelik te verontagsaam nie.
Literatuur
Dugard, J. International Law – A South African Perspective. 4de uitg. (Juta, Kaapstad, 2011)
Du Plessis, M. The Long Walk to Accountability for International Crimes – Reflections from South Africa. 2014. SACJ, 404–37
Ferreira, GM en W Scholtz. Has the Constitutional Court found the lost ball in the high weeds? The interpretation of section 231 of the South African Constitution. 2009. CILSA 264–71
Tuovinen, J. What to do with International Law? Three Flaws in Glenister. 2014. CCR, 435–49
Regspraak
Glenister v President of the Republic of South Africa & Others 2011 3 SA 347 (KH)
Goodwin v Director-General Department of Justice and Constitutional Development (TPD) (unreported) case number 21142/08 of 23 Junie 2008)
President of the Republic of South Africa and Others v Quagliani 2009 2 SA 466 (CC)
SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP)
Wetgewing
Diplomatic Immunities and Privileges Act 37, 2001.
Extradition Act 67, 1962.
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27, 2002.
Strafproseswet 51 van 1977.
Internasionale instrumente
Die AU-ooreenkoms
Agreement between the Republic of South Africa and the Commission of the African Union on the Material and Technical Organization of the Meetings of the 30th Ordinary Session of the Permanent Representatives Committee from 7 to 9 June 2015; the 27th Ordinary Session of the Executive Council from 10 to 12 June 2015 and the 25th Ordinary Session of the Assembly on 14 to 15 June 2015 in Pretoria (7 and 8 June 2015) and Johannesburg (10 to 15 June 2015) (2015).
General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU (1965).
Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
The Geneva Conventions (1949).
Internetbronne
Anon. s.j. The IS and the UN Security Council. http://crimeofaggression.info/role-of-the-IS/the-IS-and-the-un-security-council. Geraadpleeg op 24 Augustus 2016.
Anon. s.j. US Opposition to the International Criminal Court. https://www.globalpolicy.org/us-un-and-international-law-8-24/us-opposition-to-the-IS-8-29.html. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
Department of Justice and Constitutional Development. 2010. International Legal Relations. http://www.justice.gov.za/ilr/mla.html. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
Kahn, WP. 2003. Why the United States is so opposed. http://www.crimesofwar.org/print/IS/IS-kahn-print.html. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
Morgan, A. 2013. Non-Signatory Countries. http://www.jurist.org/feature/2013/07/non-signatory-countries.php. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
October, A. 2015. IS: SA not off the hook. http://city-press.news24.com/News/IS-sa-not-off-the-hook-20160515. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
Wuthnow, J. 2012. China and the IS. http://thediplomat.com/2012/12/Sjina-and-the-IS. Geraadpleeg op 20 Augustus 2016.
* Hierdie navorsingstuk is voltooi as deel van die graadvereistes van Ruan Coetzee se LLB-graad, wat voltooi is by die NWU-PUK, onder leiding van GM Ferreira.
[i] Rome Statute of the International Criminal Court (1998). Hierna die Rome-statuut.
[ii] A 1 van Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[iii] A 4 van Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[iv] A 1 van Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[v] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP).
[vi] A 59(1) Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[vii] A 59(1) Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[viii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP).
[ix] Agreement between the Republic of South Africa and the Commission of the African Union on the Material and Technical Organization of the Meetings of the 30th Ordinary Session of the Permanent Representatives Committee from 7 to 9 June 2015; the 27th Ordinary Session of the Executive Council from 10 to 12 June 2015 and the 25th Ordinary Session of the Assembly on 14 to 15 June 2015 in Pretoria (7 and 8 June 2015) and Johannesburg (10 to 15 June 2015) (2015). Hierna die AU-ooreenkoms.
[x] Strafproseswet 51 van 1977.
[xi] AU-ooreenkoms (2015).
[xii] A 231 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
[xiii] President of the Republic of South Africa and Others v Quagliani 2009 2 SA 466 (CC).
[xiv] Goodwin v Director-General Department of Justice and Constitutional Development (TPD) (unreported) case number 21142/08 of 23 June 2008.
[xv] Ferreira en Scholtz (2009).
[xvi] A 39 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
[xvii] Glenister v President of the Republic of South Africa & Others 2011 3 SA 347 (KH).
[xviii] Tuovinen (2014).
[xix] Tuovinen (2014).
[xx] Tuovinen (2014).
[xxi] Glenister v President of the Republic of South Africa & Others 2011 3 SA 347 (KH) para 194.
[xxii] Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 of 2001.
[xxiii] Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 of 2002.
[xxiv] A 4 (1) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 of 2001.
[xxv] A 5 (3) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 of 2001.
[xxvi] A 7 (2) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 of 2001.
[xxvii] A 59 Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[xxviii] AU-ooreenkoms (2015).
[xxix] A VIII van die AU-ooreenkoms (2015).
[xxx] General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU (1965).
[xxxi] A 5 General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU (1965).
[xxxii] A 5 General Convention on the Privileges and Immunities of the OAU (1965).
[xxxiii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 39.
[xxxiv] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 36.1.
[xxxv] A 165 (5) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
[xxxvi] A 4 (1) (a) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 van 2001.
[xxxvii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 37.2.
[xxxviii] A 165 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
[xxxix] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 38.
[xl] A 5 (3) van die Diplomatic Immunities and Privileges Act 37 van 2001.
[xli] A 8 van die AU-ooreenkoms (2015).
[xlii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 30.
[xliii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP) par 30.
[xliv] Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002.
[xlv] A 4 van die Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[xlvi] A 86 Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[xlvii] A 88 Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[xlviii] Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002.
[xlix] Du Plessis (2014).
[l] Du Plessis (2014).
[li] A 12 (1) van die Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[lii] A 12 (3) Rome Statute of the International Criminal Court (1998).
[liii] A 231 (2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
[liv] Voorwoord van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002.
[lv] Voorwoord van die Implementation of the Rome Statute of the International Criminal Court Act 27 van 2002.
[lvi] Du Plessis (2014).
[lvii] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP).
[lviii] Extradition Act 67 of 1962.
[lix] Aanhef van Extradition Act 67 of 1962.
[lx] Dugard, International Law, 215.
[lxi] Department of Justice and Constitutional Development (2010) http://www.justice.gov.za/ilr/mla.html.
[lxii] Dugard, International Law, 201.
[lxiii] Dugard, International Law, 201.
[lxiv] The Geneva Conventions (1949).
[lxv] Dugard, International Law, 201.
[lxvi] SALC v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2015 5 SA 1 (GP).
[lxvii] October (2015).
[lxviii] October (2015).
[lxix] October (2015).
[lxx] Morgan (2013).
[lxxi] Anon s.j. https://www.globalpolicy.org/us-un-and-international-law-8-24/us-opposition-to-the-IS-8-29.html.
[lxxii] Anon s.j. https://www.globalpolicy.org/us-un-and-international-law-8-24/us-opposition-to-the-IS-8-29.html.
[lxxiii] Kahn (2003).
[lxxiv] Wuthnow (2012).
[lxxv] Die Veiligheidsraad van die VN kan enige saak soos vervat in die Rome-statuut na die IS verwys. Sien Anon s.j. http://crimeofaggression.info/role-of-the-IS/the-IS-and-the-un-security-council.
The post ’n Juridiese evaluering van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Internasionale Strafhof appeared first on LitNet.