Nou die dag op die ‘Praatsaam’-program, ek dink dit het gegaan oor boelies, bel ’n ou in en praat Engels. Lynette Francis, die programleidster, antwoord hom in Engels. Hoekom? Die man het die hele program in Afrikaans gevolg tot op daardie stadium so hoekom antwoord sy hom in Engels; hy verstaan mos Afrikaans EN dit is ’n Afrikaanse radiostasie waarvan daar beslis luisteraars is wat nie Engels magtig is nie.
Nog is dit het einde niet; die gas (’n kindersielkundige of iets) lewer toe kommentaar op die perd se inset maar ook in Engels kan jy glo! Daar in ’n Afrikaanse program op ’n Afrikaanse stasie vir Afrikaanse luisteraars praat die mense toe Engels net omdat ’n Engelssprekende luisteraar (wat goed Afrikaans verstaan) ingebel het.
Waar is daar nog ’n volk so gedienstig soos my volk!? Sies man.
Jan Rap
The post Weer oor RSG appeared first on LitNet.