SA spog dat meer as 80% van die totale bevolking Christene is, en als sodanig, hoort sodanige Christene aan Jesus gehoor te gee waar hy sê dat die huwelik nie ontbind mag word tensy dood of owerspel aanleiding daarvoor gegee het nie. Matt.5:31,32. Behalwe vir kerke soos bv die Katolieke Kerk, steur ander kerke hulle glad nie hieraan nie, en doen nie eers die moeite om vooraf ondersoek in te stel of die dominee, pastor, predikant, ens, wanneer hy 'n paartjie in die eg bevestig, of hy volgens Jesus se opdrag, deur God gemagtig is om wel sodanige eg Christelik te kan bevestig. (Ek wonder baiekeer, hoeveel SêNet-skrywers wat met my ateïsme en homoseksualiteit 'n probleem het, wel meer as een keer getroud is of nie, en my skynheilig aanval deur die Bybel teen my kop te slinger!)
Die tendens inteendeel, is dat in 'n vinnig groeiende bevolking, die aantal huweliksbevestigings jaarliks besig is om drasties af te neem. In 2006, met 'n bevolking van by die 48mil was 185000 huwelike geregistreer. Elke daaropvolgende jaar, het die huweliksbevestigings stelselmatig afgeneem en met die 2011 sensus was daar maar 'n karige 167000 registrasies met 'n bevolking van by die 55mil! (bl18 tabel 1). Die grootste tragedie is dat die aantal egskeidings onder by die 4mil blankes 6730 was, terwyl onder swartes by die 30mil in dieselfde jaar, maar net 7517 geregistreer was, weinig getal verskil tussen twee bevolkingsgroepe met uitermatige uiteenlopende getalle per bevolkingsgroep (bl 33 tabel 10). Van die totale egskeidings van 20980, het 50% ontbind binne die eerste 10 jaar, met 'n addisionele 30% gedurende die daaropvolgende tien jaar (bl.38 tabelle 17 en 18).
http://www.statssa.gov.za/publications/P0307/P03072011.pdf
Hierdie tendens gee aanleiding tot al hoe groter enkel-ouer gesinne (veral onder swartes) en ongetroude saambly-gesinne (veral onder blankes). Verskeie faktore gee aanleiding hiervoor, waarvan die vernaamste ekonomiese druk is, veral onder swartes, en ontnugtering in die Christelike leer, veral onder blankes. Hierdie situasie is ongesond vir redes van hoër immoraliteit tot gevolg en die dienooreenkomstige hoër verspreiding van die HIV-virus. Daar blyk tans geen staatsbeleid of beplanning te wees om die situasie om te keer nie.
Jaco Fourie
The post Die huwelik onder druk appeared first on LitNet.