Dagsê, ’Klopper!
Genugtig, die tyd vlieg. Net anderdag nog het ons die feesdatums vir 2025 se Momentum Aardklop aangekondig (7–12 Oktober, en 7–11 Oktober vir die feesterrein, ingeval jy vergeet) en nou is die program ook met groot fanfare bekendgestel!
Die volledige feesgids is nou beskikbaar by aardklop.co.za – gaan kyk gerus.
Ons is supertrots op ons kunsbaba! Daar is regtig iets vir elke smaak, gier en – in die huidige ekonomiese klimaat – begroting. Die boekie is ook as ’n aflaaibare PDF beskikbaar. Maar soos altyd, hou ons webwerf en sosiale media dop vir die allernuutste nuus, en dinge wat op die nippertjie verander.
Al wat jou nou te doen staan, liewe ’Klopper, is om ’n koppie tee (of ’n knertsie) te skink, die program goed deur te kyk en dan te besluit wat jy graag wil sien. Gryp dan jou bankkaart, en koop kaartjies by Webtickets ...
Askies, maar hoekom is jy nog hier? Ons dog jy koop al!
The post Persverklaring: Die Momentum Aardklop-program is hier first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: Die Momentum Aardklop-program is hier appeared first on LitNet.