
Foto: Canva
My pen is ’n graaf
my pen is ’n graaf;
ek delwe bladsy vir bladsy
mense-mineraal
as bemesting
vir verlange
vir ’n gepynigde vryheid
vir ’n vrolike verwerping
vir verwoesting
spit ek gevoelsgedagtes
uit gewetensgrond
en plant
hierdie digterlike boom
vir respyt
The post My pen is ’n graaf first appeared on LitNet.
The post My pen is ’n graaf appeared first on LitNet.