Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Wêreldbeker

$
0
0

Ek sit Saterdagaand en kyk na die wêreldbeker eindstryd tussen Oostralië en Nieu-Seeland. Dit was met 'n effense nostalgie en hartseer dat ek na die wedstryd gekyk het. Die Springbokke het met twee punte teen Nieu-Seeland verloor. Die wedstryd kon enige kant toe gegaan het. Ek sien die All Black-span as 'n span wat net beter of slimmer rugby as die ander spanne speel. Verstaan my mooi ek was nie die beste speler wat nog op 'n rugbyveld agter die bal aangehardloop het nie, maar ek kan nog so bietjie van die spel onthou. Die All Blacks is nie die span wat hulle voorgee hulle is nie, alhoewel die Webb Ellis trofee in hul spogkassie staan. Man vir man kan enige span hul man teen hulle staan. My redes waarop ek my mening grond is, van Sean Fitzpatrick se dae af speel die All Blacks volgens my slimmer rugby. Hulle speel die skeidsregter, die skare en vertolk die reëls om hulle te pas.

Almal is gaande oor die All Black kaptein Ritchie McCaw. Ek dink Heinrich Brussow sit McCaw of het hom al ore aangesit. Fitzpatrick het en McCaw kom met moord weg, so ook die ander voorspelers. Die All Black-voorspelers rol nie van die losgemale weg nie. Hulle speel die man, vertraag die spel, trek die opponente in en word nege uit die tien keer nie daarvoor penaliseer nie. Hulle kom weg met baie "ongeoorloofde en of negatiewe" spel. Dit frustreer enige span en dan rafel die opponente gewoonlik uit.

Oor ons Springbokspan het ek nie baie kritiek nie, hulle het hulself nie gekies nie, maar kan net hulself blameer dat hul verloor het. Die span het nie te sleg gevaar nie, maar kon beter gevaar het met 'n paar veranderings en spankeuses. Daar is 'n paar spelers vir wie ek regtig jammer voel, maar dit is 'n onderwerp waaroor ek my nie wil uitlaat nie. Ek is ook bly dat daar manne is wat nou by die einde van hul speeldae gekom het. Gaan rus manne en spandeer tyd met jul gesinne en geliefdes.

Mens weet nooit wat in die SARU-raadsaal en gange aangaan nie. Mens kan net dink wat in die gange van Luthuli- en Cosatu-huise aangaan. Ek is nie 'n doemprofeet nie maar is bevrees dat ons eens trotse Springbokrugbytradisie gevaar staan om in die niet te verdwyn.

Reusedwerg

The post Wêreldbeker appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>