Verkiesings en vergissings – Johann Kriegler
Medereder – Johann Scholtz
Ofskoon verkiesings natuurlik lank reeds ’n bekende verskynsel was, het die opheffing van koloniale en Sowjet-heerskappy in die tweede helfte van die 20e eeu en die Arabiese Lente ’n menigte verkiesings ontlok. Regmatige verkiesings is universeel beskou as wesenselement van demokrasie, trouens ’n essensiële deurgangsrite daarvoor. Johann bespreek aan die hand van persoonlike waarneming enkele aspekte van die meegaande vloedgolf politieke en akademiese belangstelling, navorsing en kennis (en wanbegrippe) dienaangaande.
“Ná ’n leeftyd in die regsberoep val ek toevallig in ’n onbekende en fassinerende nuwe wêreld van verkiesingsadministrasie en -beregting in dosyne ontluikende demokrasieë van Oos-Timor tot Noord-, Wes-, Oos- en Suidelike Afrika via byvoorbeeld Afganistan, Maledive en Irak. Arbitrasies, advokate-opleiding hier te lande en in buurstate, asook in Engeland en Hongkong, die bevordering van die regsorde en koerantresensies van niefiksie hou my besig.” – Johann Kriegler
Datum: Saterdag 14 Junie 2025
Tyd: 09:00–12:00
Plek: Pronk, Greenlyn Village, Menlopark, Pretoria
Bespreek asb by Lamé: +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R190 pp (sluit ’n kontinentale ontbyt met koffie of tee in)
Betaal asb met die datum P14/06 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee
Iedereen is welkom!
Besoek https://filosofiekafee.blogspot.com vir nog inligting.
The post Uitnodiging: FilosofieKafee – "Verkiesings en vergissings" first appeared on LitNet.
The post Uitnodiging: FilosofieKafee – "Verkiesings en vergissings" appeared first on LitNet.